Daar sal sowat 12 liedjies op wees. Almal spinternuut. "Ek het nog nie op ‘n naam besluit nie," sê hy. Dis nog daar iewers in die universe."

Dié CD sal die veertiende wees wat hy in sy 22 jaar lange loopbaan uitreik. Hoekom het dit so lank geduur om te doen?

"My musiekhart hou van soveel verskillende genres soos musicals en die big band. Ek wou dit eers ontgin. Maar my liefde vir Afrikaans is primêr en daarom is dit nou hoog tyd. Ek kan nie wag nie."

Hy het reeds een van die liedjies daarvoor opgeneem en sê: "Dis die heerlikste gevoel. Dis byna asof ek huis toe gaan ná ‘n lang afwesigheid. Daar is maar net iets aan Afrikaans wat ‘n ander taal nie vir my as Afrikaner het nie. ‘n Metrum, ritme, betekenis en swier."

André gaan sowat die helfte van die liedjies vir die album skryf en daar is ‘n paar vriende in die musiekbedryf wat die res gaan skryf.

"Dit gaan ‘n luister-CD wees," sê hy. "Die lirieke en melodieë gaan hopelik elke keer 'n storie vertel waarvan die luisteraar gaan hou.

"Maar die groot ding wat my dryf, is dat die klankgehalte goed moet wees."