"Ons het een aand gaan dans by 'n plek en toe't my vriend hom saamgebring. Ons was nie saam of skool of enigiets nie, ek't hom toe vir die eerste keer ontmoet. Ons het dadelik gekliek, en later begin uitgaan," sê Andriëtte met 'n glimlag in haar stem.

"Hy, sy pa en sy broer het 'n familiebesigheid in Bellville. Ons gaan al vir twee maande uit."

En woon hy haar shows by?

"Hy woon omtrent al my shows by, hy's seker my grootste fan."