Idols-naaswenner, Andriëtte Norman, se tweede CD word op 28 September bekendgestel.

"Dis 'n lekker album met musiek vir almal. Tot 'n Afrika-keurspel en 'n hele paar nuwe Afrikaanse treffers. Die gewilde Tempo-liedjie is óók daarop," sê sy.

Sy deel haar gunsteling-foto's met sarie.com:

Ek en 2 lede van Flip-a-coin op KKNK
Hier is ek by KKNK 2009 net na die "Jukebox en
vriende"-show saam met Kurt, by twee lede
van Flip-a-coin. Ek was die enigste vrou in die show.
Saam met Thys die Bosveldklong, Ray Dylan en
Nicholis Louw.
My eerste huis!
Hier druk ek die verkoopsbordjie in voor die huis wat
ek so 5 maande terug vir myself gekoop het.
'n Drieslaapkamerhuis in Brackenfell, Proteahoogte,
in die Kaap. Dit was een van die trotsste dae
van my lewe!
Ek, my niggie (regs) en tannie (links)
My eerste keer in Namibië, Mei 2009.
Saam met my niggie (regs) en my tannie (links).
Ek het in Outjo gaan optree.
Die voorblad van my 2de CD - dit word op 28 September
bekendgestel.
Saam met Victor Matfield by die
Rugbyspeler van die Jaar-toekennings in 2007.
Ek het verlede jaar in Johannesburg gewoon en het
het na 'n jaar weer teruggetrek Kaap toe.
Hier is ek en my vriende vir 'n dag in Gold Reef City.
Hier is ek een aand saam met my enigste vriendin in
Johannesburg, Lee-Anne van Reenen.
Sy het in dieselfde woonstelblok as ek in Centurion
gewoon en ons het die lekkerste tye saam gehad!
Musiekvideo van Napoleon
Hier is 'n foto van die dag toe ek die musiekvideo
van "Napoleon" geskiet het. Steve Hofmeyr het die
liedjie vir my geskryf.
Die liedjie is nou genomineer vir 'n Vonk-toekenning.