Sy neem aan die 35ste reeks se celebrity-program deel. As jy wil weet wie saam met haar gaan deelneem, sal jy moet wag tot volgende jaar wanneer dit op SABC2 uitgesaai word!

Is jy 'n musiekkenner?
Ek ken pop-musiek nogal goed, maar Noot vir Noot hou mos daarvan om 'n Neil Diamond- of Beatles-nommer in te gooi. Ek het in my ma se CD's ingevaar om so bietjie voor te berei.

Hoe hanteer jy die senuwees?
Ek doen nie. Ek is lekker nervous. Ek wil nie my naam peanut maak nie.

Gaan ons bietjie van Clara sien tydens die program?
Ek sal definitief 'n paar Clara-frases laat val.

Wat is jou gunsteling-musiek?
Ek is mal oor pop-musiek soos Gossip. Ek hou baie van die SA-groep Locnville, maar Muse is my gunsteling. Eminem se nuwe liedjies is cool. Die een wat hy saam met Rihanna sing ("Love the way you lie") is my selfoon se ring tone.

Is jy 'n aanhanger van Noot vir Noot?
My ma is 'n aanhanger. Danksy haar weet ek wat vir my voorlê.