Die Eskimo’s het 52 woorde vir sneeu omdat dit vir hulle so belangrik is – dit moet dieselfde met die liefde wees, reken die Kanadese skrywer en digter Margaret Atwood.

Dit is weer tyd vir Valentynsdag – 14 Februarie – en elkeen doen dit op sy manier, heg sy eie betekenis daaraan.

Die aktrise Angelique Gerber het onlangs weer ma geword van identiese tweelingdogtertjies, Annabella en Olivia. Nou het klein Jacques ook maatjies. Haar en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, se gesin brei vinnig uit . . .

FOTO Instagram / @jacquespotgieter7

“My ideale Valentynsete is pasta.” Haar man bederf haar altyd met rooi rose op die dag. Sy is ook baie kreatief met geskenke – ’n lekker bord kos of voetemasseersessie vir hom.

“Ons het twee spesiale liefdesliedjies – ‘Photograph’ van Ed Sheeran en ‘1000 Years’ van Christina Perri’.”

Luister Photograph hier:

Hul gunsteling- romantiese fliek? How to lose a guy in ten days.

Angelique hou nie terug as dit by mooi aantrek kom op die dag van die liefde nie. “Hakke, of lipstiffie of ’n ou mooi rokkie.”

Angelique en Jacques in 2016 op hul troudag. FOTO Instagram / @jacquespotgieter7

Anlia van Rensburg, beter bekend as Sasha Richter van Getroud met rugby, sien uit na ’n dag van liefde in Ierland. Haar kêrel werk tans daar in die filmbedryf. “Ek en my geliefde woon die afgelope twee jaar duisende kilometers uitmekaar en hoewel ek nie ’n wintermens is nie, sien ek uit na ’n snoesige dag in die sneeu met warmsjokolade. Dit gaan vir seker ’n cheat-dag wees wat kos betref.”

FOTO Instagram / @anliastar

Sy glo aan bederfdae en is baie romanties. “Ek neem ’n pakkie speckled eggs vir my liefste, wat lankal sy bestelling geplaas het. Ek is baie avontuurlustig, so ons sal waarskynlik die dag in die natuur deurbring. En ook iewers ’n lekker ete en bottel wyn geniet. Hopelik sal ek my eerste sneeuman bou.”

Haar grootste Valentynsbederf tot dusver was toe sy en haar droomman (die ou in Ierland) verlede jaar Leeukop uitgeklim en piekniek gehou het. “So eenvoudig, maar so lekker.” Sy is ’n rabbedoe wat op haar gelukkigste in gemaklike klere is.

FOTO Instagram / @nathanharris

Een van haar gunsteling-liefdesaanhalings is: “Wanneer jy van ’n blom hou, pluk jy dit net, maar wanneer jy ’n blom liefhet, versorg jy dit elke dag.”

Nog Valentynsdag-nuus:

Bekendes se eerste Valentynsdag

RESEPTE: Romantiese fliekaand

Valentynsdag-SOS:Hier’s jou oorlewingsgids

Kersligete vir twee