2020 het my geleer dat …

2020 het my geleer die lewe is tydelik, kosbaar en onvoorspelbaar. Te midde van vele struikelblokke, het ek soveel ongelooflike dinge geleer oor myself, my eie waarde, dat ek tot soveel meer in staat is as wat ek besef, wat regtig belangrik is en dat ’n positiewe uitkyk my deur uitdagende situasies kan dra. Ek het ook ’n diep waardering gekry vir my familie, my kosbare vriendinne, my skool en onderwysers.   

Ek kyk met dankbaarheid en trots terug op ’n jaar wat groot persoonlike hoogtepunte ingesluit het; wat my nog ’n stappie nader gebring het aan my drome; ‘n jaar van persoonlike groei en die vaste wete dat al my onsekerhede, vrese en toekoms in die Here se hande is. Ek glo dat 2020 se lewenslesse vir my ’n sterk fondasie gebou het vir my lewenspad vorentoe. 

View this post on Instagram

A post shared by AG?? (@anika.geyser) on

As ek net 3 apps op my selfoon mag hê, dan kies ek:

Apple Music: Musiek is een van die groot passies in my lewe en ’n liefde wat gekweek is nog voor ek gebore is met klassieke musiek! Wat musiek vir my beteken is moeilik om in woorde te beskryf. Met musiek maak die lewe net meer sin.

Whatsapp: Om in kontak te bly met my vriende en familie is baie belangrik vir my, veral tydens hierdie onsekere tyd waarin ons nou leef. 

Pinterest: Dis ’n fantastiese platform vol kreatiewe idees vir eindelose inspirasie! Daar is alles te vind, van die mooiste gedigte, unieke styl uitrustings, droom plekke om na te reis, en foto’s van die mooiste huise en sprokies troues.

’n Suid-Afrikaanse vrou wat my inspireer:

Niemand anders as Rolene Strauss nie! Sy is ’n groot inspirasie en rolmodel vir my. Haar innerlike skoonheid, mooi karakter en sterk geloof straal uit haar menswees. Sy is ’n sterk en dinamiese vrou wat weet wie sy is, met passie haar drome najaag en ’n verskil maak in soveel vroue se lewens. Haar harde werk en deursettingsvermoë om haar mediese studies te voltooi en persoonlik te groei en ander te help uit wat sy geleer het, inspireer my.  

Anika Geyser se inskrywingsfoto's
Anika Geyser se inskrywingsfoto's
Anika Geyser se inskrywingsfoto's
Anika Geyser se inskrywingsfoto's
Anika Geyser se inskrywingsfoto's
Anika Geyser se inskrywingsfoto's

Die ‘reality show’ oor my lewe sal wees:

’n Mengelmoeskardoes

Dit omskryf vele onverwagte aspekte van wie ek is, my uiteenlopende belangstellings en passies. Van my passie vir  mense, die natuur, geskiedenis, die mediese veld, sang, skool, hokkie, modelwerk en om te reis en nuwe dinge te ervaar. Om in boksies te pas is vervelig!   

My liefde vir mense en om ’n verskil in die wêreld te maak, spoor my elke dag aan om te groei as mens en nooit op te hou leer nie.   

Ek droom om eendag: 

My grootste droom is om eendag ’n dokter te wees. Ek het nog altyd geweet dat ek in die mediese rigting wil studeer. Wat my tans opgewonde maak is die veld van neurochirurgie. Ek droom om ’n verskil te maak in lewens en ook om ’n inspirasie vir ander te kan wees om eendag hulle drome na te jaag. Ek glo vas dat as jou drome jou nie bang maak nie, dan droom jy nie groot genoeg nie!

Die wenner van SARIE Nuwe Gesig word 17 Augustus op SARIE se Instagram-blad aangekondig. Maak seker jy volg ons! SARIE Nuwe Gesig word trots aangebied in samewerking met die Isa Carstens Akademie