“Ek is van die generasie waarin kinders gesien is maar nie gehoor moes word nie. Dit het ’n mate van nederigheid en ordentlikheid gekweek. Ek het die fout gemaak om te dink as ek my lewe só lei sal dinge beter in plek val.

Maar oor die jare het ek geleer dat nederigheid soms ’n groot struikelblok kan word. Dié houding kan baie dreinerend vir jou verhoudings en beroep wees. My werk het soms daaronder gely, want ek was te gretig om alles reg te probeer doen. Ek moes leer dat my bydrae en groei as akteur binne die opregte, deurdagte takeling van die teks en karakter lê, en om onbeskaamd van myself te gee.

Niks is perfek nie. Die perfeksionis in my was en is eintlik in onsekerheid gesetel. En daardie ‘perfek’ kan, soos ’n stywe galgtou, alle lewe uit jou en jou werk wurg.”  

* Nóg 9 formidabele vroue deel hul beste 'verkeerde' besluite in die November 2012-uitgawe van SARIE.