Rita van den Heever, bekende TV-aanbieder en senior bestuurder van die Universiteit van Johannesburg se Kunsakademie, het haar kosverslawing en sommer 40 kg daarmee saam afgeskud!

"'n Ruk gelede het 'n kennis na my toe gekom en gevra of ek 'n affair het. Sy't gesê ek lyk so goed, en dat 'n affair die enigste rede daarvoor kon wees. Ek't die 'kompliment' aanvaar. Kort daarna het 'n goeie vriend presies dieselfde vraag gevra. En nadat ek daaroor nagedink het, het ek met 'n groot glimlag geantwoord: 'Ja, ek't 'n affair met myself!'".

"Dit het baie onskuldig in April 2006 begin. Ek't pas 56 geword, was gesond (sover ek weet...) en het baie energie gehad. Maar ek het 108 kg geweeg en het begin peins oor oudword. Ek't 'n paar keer per week geoefen, maar het begin dink oor presies hóé ek oud wil word...

My goeie gesondheid sou binnekort in die hek duik omdat ek baie oorgewig was. Eendag het ek in my dokter se spreekkamer gesit en gegrap oor my gewig en dat ek seker 'n paar kilo's sal moet afskud. Hy't voorgestel dat ek op 'n lae GI-dieet gaan. Ek't navorsing gedoen en was goed op pad om my lewe om te draai. Dit het my omtrent 2 jaar geneem om 40 kg af te skud. Ek moes my leefstyl verander en begin oefen!" sê Rita.

"As ek 'n alkoholis was, kon ek dalk ophou drink. Maar om 'n kosverslaafde te wees is veel moeiliker, want ek kon nie óphou eet nie. Daarom het ons maniere nodig om dit te hanteer. Nou -  2 jaar later - behou ek steeds my gewig, maar ek aanvaar niks as vanselfsprekend nie. Ek gaan my storie met mense deel en ek wil ander mense help om vir die lewe te kies. Ek wil mense help om hul eie 'affairs' te begin!"

Bespreek Rita vir 'n praatjie op jou dorp!

Theresa du Preez
011-8801027
theresa@thesixthsense.co.za