Toe Arno en Lizanie se seuntjie, Milan, verlede jaar gebore is, het hulle besluit om sy stamselle deur Cryo-Save te vries en te stoor. Dit beteken dat Milan se stamselle beskikbaar sal wees as hy dit ooit vir mediese behandeling nodig kry.

Arno en Lizanie wys hul klein Milan

Toe Arno uitvind dat Cryo-Save tans help om ’n pediatriese onkologie-eenheid vir minder-bevoorregte kinders in Pietermaritzburg se Grey-hospitaal op te rig, het hy besluit om by vanjaar se Argus vir dié organisasie geld in te samel. Dit gaan Arno se eerste Argus wees.

FOTO: Twitter Arno met Milan se geboorte. FOTO: Twitter

Waarom het jy besluit om die Argus te ry?

Ek wou dit eintlik verlede jaar al saam met my vrou aanpak, maar het nie toe die tyd gekry nie. My broer, wat in Londen woon, het gesê hy kom af vir die Argus. Toe sê ek vir hom ek is in en ek kry 13 ouens bymekaar om saam met ons te ry.

Wat was eerste - jou besluit om deel te neem of om dit vir liefdadigheid te doen?

Ek het die besluite eintlik maar so saam-saam geneem, want ek het nog altyd die idee gehad om die Argus te trap en dan iemand saam met my te sleep wat dit nie kan doen nie, soos iemand wat in ’n rolstoel is. Ek dink ek sal dit volgende jaar aanpak.

Het jy al begin met die voorbereiding?

Ja, ons is ’n lekker groep ouens wat elke oggend oefen. Maar ek is bekommerd oor so paar manne wat nog nie eers fietse het nie, soos Bobby...

Bobby deel sy ouerskapwenke met Arno

Hoe oefen jy daarvoor?

Jy moet maar soveel ure as moontlik in daardie sitplek deurbring en natuurlik ook die regte dieet volg.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Wat is jou doelwit by die Argus?

Om dit saam met ’n klomp vriende te geniet. Ek gaan definitief nie ry vir tyd nie, want ek gaan maar by Bobby-hulle moet bly as ’n groep! Haha!

Waarna sien jy die meeste uit?

Ek dink daardie gevoel wanneer jy oor die wenstreep gaan, moet ongelooflik wees!

Hoe presies werk jul fondsinsamelingsprojek?

Wel, ek het besighede genader wat ons R100 vir elke kilometer betaal. Dan werk dit op omtrent R11 000 uit. Land Rover Menlyn in Pretoria is een van die hoofborge en Mango help ons ook met ons vlugte en om die fietse daar te kry.

Wat motiveer jou om te oefen?

Ek dink die feit dat daar mense is saam met wie jy oefen, help baie wanneer jy vyfuur in die oggend moet opstaan.

Arno by sy fiets, gereed vir die Argus. Arno by sy fiets, gereed vir die Argus.

Wat dink jy gaan die moelikste wees?

Ek dink daardie bulte waarvan hulle so praat. Maar ek sien baie uit!

Hoekom wil jy dit doen?

Ek hou daarvan om doelwitte vir myself te stel. Die Argus is een van hulle!

Bobby vertel ons oor die Argus en die fiets wat hy nog nie het nie!

Cryo-Save is Afrika en Europa se grootste stamselbank en gaan ook R5 000 vir elke 5 000 retweets van #CryoSaveC4K op Twitter skenk aan die pediatriese onkologie-vleuel van Grey-hospitaal. Dié vleuel is eers verlede jaar geopen en beplan om belangrike toerusting soos hoësorg-beddens met die geld te koop.