Mae, majka, mor, maminka, mathair, madr, me, mzazi, madre, mamma, moeder en ma. Verskillende talle, maar een betekenis: Versorger. 

Die rol van ma is iets waarop niemand jou kan voorberei nie. Só sê bekendes Elana Afrika-Bredenkamp en Donnalee Roberts.

Elana is die trotse ma van twee pragtige dogtertjies, Esther-Beth en Annabelle. Terwyl Donnalee vanjaar vir die eerste keer ma geword het! Haar seuntjie, Cameron, het haar hele lewe oorrompel het. 

Die een ding waarvoor Elana nooit voorbereid was nie, was om te borsvoed. “Selfs onlangs het ek geleer dat dít iets is wat ’n mens kan aanleer. ’n Atleet oefen om te wen, mamma's oefen om beter en beter te raak in wat hulle doen.”

FOTO Instagram / Elana Afrika-Bredekamp

Donnalee skerts: “En waarop ek nie voorbereid was nie, was hoe sterk ’n klein mensie se armpies is, veral as jy ’n vessie moet aantrek. Het iemand raad vir my?”

En soos daar ’n spoor van babaprodukte en -komberse deur die huis lê, het Donnalee ook geleer om “vanity” by die deur te los. “Ek was nog altyd lief daarvoor om mooi aan te trek en moeite te doen met my voorkoms. Maar nou own ek daai Mom-bun. En dís ook okay.”

Dis okay om nie alles onder beheer te hê nie, meen sy.

FOTO Instagram / Donnalee Roberts

Vir Elana is dit belangrik om aan jou “self” te werk. “Dis die belangrikste ding wat ’n mens kan doen vir jou gesin, jou nuweling én vir jouself. Word standvastig in geloof, hoop en wees lief [vir jouself]. Maak seker jou kop is reg, deur te luister na daai klein stemmetjie binne jou.”

Donnalee sê “om jou hart ewig buite jou liggaam te hê, is nog iets waarop niemand haar voorberei het nie”. “Daar is hierdie all consuming liefde. Dis groot en intens. En al is jy positief en het geloof soos ’n kind, begin jy oor klein en groot goed bekommer: Van wat in die wêreld aangaan tot is sy koppie warm genoeg?”

Maar, sê sy, dis okay ... dis okay om só te voel én om soms vir ander mense om hulp te vra. “Dit maak nie van jou ’n slegter ma nie. Jy is die beste ma vir jou kind.”

Môreaand gaan Elana en Donnalee saam kuier by die eerste #Dinsdagdromer, ’n splinternuwe #SARIEgesels-geleentheid. 

Koop kaartjies hier.

DINSDAGDROMER ... NÓG ’N SARIEGESELS-GELEENTHEID!

Met ons eerste aanlyn kuier in April het ons saam met vroue van reg oor die wêreld die boodskap #JyIsGenoeg uitgedra. Ons het saam gelag en gehuil, maar ook praktiese lesse gedeel en vrae gevra om meer van mekaar en ons wêrelde te leer.

Uit hierdie gedeelde oomblikke het die besef gekom dat so baie van ons steeds voel ons is nie genoeg nie en so is #Dinsdagdromer gebore. Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met van ons land se inspirerendste vroue.

Volgende Dinsdag, 30 Junie, deel die nuwe ma Donnalee Roberts ons virtuele rusbank met Elana Afrika-Bredenkamp, ’n ervare ma. Die tema is koffie en ma-wees. Die talentvolle Bottomless Coffee Band gaan ook spesiaal optree dié aand.

Koop kaartjies hier.