"Dit was eintlik bietjie van 'n adrenalien rush, glad nie so 'n bad experience nie.”

"Ek was in my swart Range Rover op die N1, op pad na Pretoria. 'n Silwer BMW met vyf mans het volspoed in my vasgery. My kar het gehop, ek het beheer verloor en dit het oor die snelweg begin slinger. . ."

Bobby kon nie verstaan wat aan die gang was nie en dog eers dis 'n gewone ongeluk. Hy wou stop, kyk wat die skade was, maar toe probeer hulle hom uit die pad druk. Die vyf manne wou uitklim "Ek het besef dis 'n kaping. Húl motor se neus het so seer gekry, dat hulle nie eens verder kon ry nie.”

Bobby gee toe daar was 'n stadium op die snelweg wat hy húl motor wou terugstamp. "Soos in die flieks. Maar toe besef ek dat ek nie regtig in Hollywood is nie. Ek moet chill. Ek glo jou tyd is jou tyd, maar sekere mense gaan soek hulle eie tyd.”

Bobby, wat later gesien het sy motor het net 'n paar skrape, het vinnig weggejaag.

"Ek is twee jaar gelede amper gekaap naby Sodwana-baai . . . Dis aanvanklik 'n skok. Maar die Here het my nou so kalm gemaak. Ek bid die heeltyd. Jy moet net let go. Dis verbasend hoe jou gedagtes werk.

Jy dink wat kán gebeur. Moet ek nou gereed maak om my kar oor te gee? Ek het net besef ek moet chill. Dit het gewerk."

Bobby is ná die amper-kapery glad nie bang om nou weer laataand te bestuur nie.

"Dis ons werk. Ons ry maar dikwels laataand in dodgy areas. Mens moet net geloof hê."