Later het sy haar eie rockband gestig, maar aan die einde van 2008 was sy gereed vir 'n solo-loopbaan. Mozi Records (die mense agter Bok en Lianie) het vir haar 'n kontrak aangebied en haar debuutalbum, As die gordyn val, is nóú op die rak.

Só sê Bobby van Jaarsveld oor sy ousus:
"Ek kon nie wag om die CD te luister nie en ek kan vir julle een ding sê: Dis baie, baie beter en groter as wat enigeen van ons verwag het. Hierdie is 'n great CD! Die songs is absoluut briljant! Julle moet baie vinnig by die winkels uitkom. Arno Jordaan het laat weet dat hy haar album by Look & Listen in Pretoria gekoop het. (En hy is ook baie opgewonde daaroor.) Dit beteken die CD is reeds op die winkelrakke. Ek is rêrig bly vir Karlien. Ek weet die CD gaan baie goed doen!"