Dit was gisteraand weer die Ghoema-musiektoekennings waar die gewildste Afrikaanse kunstenaars van die afgelope jaar gevier word. 

En oudergewoonte was dit weer ’n glansgeleentheid. Bobby van Jaarsveld het met 3 van die groot pryse weggestap - Album van die Jaar (Maak ’n wens), Manlike Kunstenaar van die Jaar en Beste Popalbum deur ’n Manlike Kunstenaar (Maak ’n wens).

bobby van jaarsveld Bobby in ons Desember 2014-uitgawe FOTO: Leana Clunies-Ross

Riana Nel het met 4 pryse weggestap - Vroulike Kunstenaar van die Jaar, Beste Popalbum deur ’n Vroulike Kunstenaar (Die Regte Tyd) Beste Verkoper ?én Beste Liedjieskrywer.

Blaai deur ons album vir foto's van die geleentheid:

Die wenners by die Ghoema 2015-toekennings

ALBUM VAN DIE JAAR

Bobby van Jaarsveld - Maak 'n wens

MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

Bobby van Jaarsveld

VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

Riana Nel

GROEP VAN DIE JAAR

ADAM

BESTE LIEDJIE VAN DIE JAAR

Hugo Ludik/Joe Foster/Johan C Venter - Sal oorlog vir jou maak (opgeneem deur ADAM)

NUWELING VAN DIE JAAR

Vegas

BESTE POP-ALBUM DEUR 'N MANLIKE KUNSTENAAR

Bobby van Jaarsveld - Maak 'n wens

BESTE POP-ALBUM DEUR 'N VROULIKE KUNSTENAAR

Riana Nel - Die Regte Tyd

BESTE KONTEMPORERE ALBUM DEUR 'N MANLIKE KUNSTENAAR

Steve Hofmeyr - Toeka 3

BESTE KONTEMPORERE ALBUM DEUR 'N VROULIKE KUNSTENAAR

Laurika Rauch - Wals, wals Willemien

BESTE ALBUM DEUR 'N DUO OF GROEP (POP/KONTEMPORER)

EDEN - Nooit oud raak nie

BESTE GEESTELIKE ALBUM

Hennie Maritz & KrissTel - Duis:Lig 2

BESTE KINDER-ALBUM OF -DVD

Hanna Grobler en Hendri Myburgh - Buster die Brak - Almal het 'n gawe (DVD)

Die MK Toekenning vir BESTE ALTERNATIEWE ALBUM

Die Heuwels Fantasties - Ja.Nee.Lekker

BESTE BOEREMUSIEK-ALBUM

Die Penkoppe - Lekker man lekker

BESTE HUMOR ALBUM

Wicus van der Merwe - Popster

BESTE INSTRUMENTALE ALBUM

CH2 Guitar Duo - Soos in die ou dae

BESTE MUSIEKVIDEO

Steve Hofmeyr - Sit die ligte aan

BESTE LIEDJIESKRYWER

Riana Nel

BESTE VERVAARDIGER

Juan "Floors" Oosthuizen

Lees nóg oor die Ghoemas HIER.