Hulle mis vir Willowmore, maar ná ’n jaar op Stilbaai het boer Hennie Lötter en sy onderwyseres-vrou, Jacobu, hul voete gevind.

“Dit gaan regte goed met ons. Maar ons probeer om elke maand “huis toe” te gaan.”

Hennie werk deesdae as eiendomsagent en ook op Jacobu se senuwees. Maar sy raad vir die huwelik is eenvoudig: “Die man moet verstaan die vrou is altyd reg en hy moet daarmee vrede maak,” skerts hy. 

Die Lötters woon deesdae op Stilbaai. FOTO Instagram / Hennie Lötter

Die paartjie het in 2017 op Willowmore getrou.

Nou ná byna drie jaar kan Hennie nog altyd met sushi omgekoop word. “O ek is stout vir sushi. Maar daai wat jy soveel kan eet soos wat jy wil. Ek eet gewoonlik so baie dat ek ’n entjie moet gaan stap, net om weer terug te kom, my broek se knoop los te maak en verder te eet.”

En watter planne het die Lötters vir Valentynsdag? “’n Broek vol planne! Jokes! Hier gaan ’n dans wees so ons gaan bietjie ons heupe losmaak.”