As sy weer aan ’n werklikheidsreeks moet deelneem, sal sy. ``Maar nie as die prys oor emosies gaan nie. Slegs as ’n mens geld kan wen,” sê Lynda Smuts, die mooi boetiek-eienaar van Malmesbury wat heelwat aandag getrek het in Boer soek ‘n vrou 2. Pieter Hanekom, die wynboer van Franschhoek, moes in die laaste weke tussen Lynda en Ashley Pugh (37) van Hartbeespoortdam kies. Ashley het ``gewen“, maar nie voordat die hare gewaai het op die plaas Akkerdal nie. Daar was soms harde woorde tussen die vroue en Pieter moes dit self ‘n paar keer ontgeld. Sy het nie besef hóé moeilik dit is om jou gevoelens voor die hele volk bloot te lê nie, vertel Lynda in die November-uitgawe van die tydskrif SARIE. Nou moet sy boonop met die nagevolge van roem saamleef. Sy kan nie meer kafee toe gaan om melk te koop sonder dat mense haar voorkeer nie. Party wil selfs haar handtekening hê of saam met haar afgeneem word. “Dis weird. Dis asof ek deesdae ’n sonbril moet opsit en almal moet ignoreer, en dít wil ’n mens ook nie doen nie. Ek het glad nie meer privaatheid nie,” sê Lynda. Vreemde mans sal vir haar sê: “Ek het nie ’n plaas nie, maar ek het ’n mooi kar/persoonlikheid.” En sy kry daagliks uitnodigings van “nuwe vriende” op Facebook. Dié aandag is vir haar vreemd. Sy het selfs al ’n paar uitnodigings vir afsprake en huweliksaansoeke op Facebook gekry. Nou die dag het ’n man vir haar vliegtuigkaartjies aangebied om vir hom te kom kuier. Maar sy is versigtig. Sy sal nie sommer op ’n Facebook-afspraakgaan nie. “Dis net nie so maklik vir ’n enkellopende meisie om geholpe te raak op ’n plekkie soos Malmesbury nie. Die ouens trou jonk en dié wat geskei is, het kinders. Dit help ook nie as ’n mens mooi is nie, want dit lyk my dan is hulle te bang om jou uit te vra. Ek dink regtig nie daar is iets fout om aan só ’n reeks deel te neem nie.” Lynda het besef Pieter is nie die man vir haar nie. ``Maar iemand soos Ashley het dit beskou as ’n spel. Sy wou bloot wen. Vir my het dit gegaan oor moontlike liefde. Dit het nie oor sy geld, sy looks of selfs die wen gegaan nie. Ek wou aan myself bewys dat ek liefde kon vind.” * Lees die volledige artikel in die November-uitgawe van SARIE wat van Maandag, 12 Oktober, te koop is.

Kyk bietjie na die foto's van die Boere en die meisies wat die laaste paar dae op die plase geneem is.

Gaan na die Boer Soek 'n Vrou-webtuiste en leer meer oor Johann se nuwe meisie. Speel Pieter met Lynda se hart? Kyk na haar video-onderhoud.

+ Slaap Pieter met of sonder pajamas...

Kyk ook na Tickey en Selma-Louise se wittebroodsfoto's