Bono, hoofsanger van die Ierse popgroep U2, en sy vrou, Ali Hewson is ambassadeurs vir die Louis Vuitton-handelsmerk en deel 'n passie vir Afrika.

Dié treffende foto is onlangs by die vyfster-wildreservaat Tswalu Kalahari in die Noord-Kaap deur die wêreldbekende fotograaf Annie Leibovitz vasgevang vir die Franse modehuis Louis Vuitton se Core Values-advertensieveldtog. Hierdie foto en nog 'n portretfoto van Ali en Bono verskyn nou as advertensies in glanstydskrifte wêreldwyd.

"Bono en Ali se visie vir Afrika is dieselfde as dié van Louis Vuitton, en deur met ons kragte saam te snoer is hul platform soveel groter,'' sê Giselle Hön, skakelbestuurder van LV in Suid-Afrika.
Mense wat vir dié veldtog as modelle gebruik word, is altyd ikone op hul gebied, reis graag en is betrokke by liefdadigheid. 

Ali het onlangs saam met Louis Vuitton gewerk om 'n reissak te ontwerp met inspirasie uit Afrika. "Ons besef daar is hope kreatiwiteit in Afrika waarvan die wêreld nie bewus is nie," sê Giselle.

Lees die volle artikel