Daar wag veel meer as net pizza en pasta op jou as jy Kaapstad se nuutste Italiaans-geïnspireerde restaurant, Bravado!, besoek.

Nes by suster-restaurant Bravo! in Mouillepunt is daar ’n stylvolle en gemaklike atmosfeer met bekostigbare geregte. Die dekor is warm en modern, met verouderde mure en antieke kandelare. Jy word selfs begroet deur Mafia-styl wit-en-swart-foto’s van Bravo! se regulars. Jy kan kies uit ligte maaltye, sappige vleisgeregte, seekos, pasta en interessante pizzas. ’n Elegante marmerkroeg deel die restaurant in twee; daar's ’n meer formele binne-area en ’n ruim, ontspanne buite-area, perfek vir mengeldrankies ná werk.

Vind Bravado! op die hoek van Somersetweg en Portswoodweg, Groenpunt, Kaapstad. Bel Brett by 021 433 1496 vir besprekings. Ondergrondse parkering is beskikbaar.

Openingsaanbiedinge (tot 31 Julie):

Heelweek – ontbyt met koffie of sap vir R30
Dinsdae – Die ‘Legendary Prawn Mania’-aande: 1 kg steurgarnale vir R69
Woensdae – Enige 'glamorous' pizza of pasta vir R59
Donderdae – ‘Salad affair’: enige slaai vir R50
Heelweek – bevrore margarita of waatlemoen-daiquiri vir R19,99