Sy wens nie vir rykdom nie, sy wens nie vir ewige jeug nie. Haar wens is eerder vir Suid-Afrika. “Ek wens dat almal sal sê: ‘Vandag tel ons mekaar op.’”

Die 23-jarige Brittiney de Jager, ’n leerlingverpleegster en een van SARIE se Top-10, is gebore  in Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte. Maar deesdae woon sy in Kraaifontein, waar sy ook gematrikuleer het. 

Om mense te help en te versorg is waar haar hart lê. “Dis my passie om mense te help en hulle te laat beter voel.” 

Sy moes egter voor dit ’n moeilike besluit maak. Brittiney is ’n opgeleide lugwaardin. “Maar werksgeleenthede is skaars, ek moes my kinderdroom groet.” 

Sy staan nou by ’n kruispad. “Ek wil ’n verpleegster of forensiese patoloog word.”

Haar ma, Glynnis Bester, is ’n sersant en misdaadontleder van die SAPD. “Ek bewonder haar. My mamma maak alles wat donker is weer lig.”

FOTO Phyllis Green

Dit was haar ma wat haar oortuig het om vir SARIE Voorbladgesig in te skryf.

“Ek’s ’n introvert en wou sien waartoe ek in staat is.” 

Een van haar gunsteling-flieks, The Devil Wears Prada, het haar ’n belangrike les geleer. “Vroue moet hulself nie verander om iewers in te pas nie.”

Sy ontvang gereeld komplimente oor haar pragtige lang hare.

“Ek versorg dit met eier en olyfolie, wat ek as ’n masker aanwend. Dis ’n wenk wat ek in die tydskrif Kuier raakgelees het.”

Vir ’n mooi vel drink sy baie water, slaap genoeg en wend daagliks sonskerm aan.

Brittiney saam met twee ander finaliste, Danielle Talmaggies en Michelle Visser. FOTO Phyllis Green

Só is Brittiney voorbladmooi

JIMMY CHOO PARFUUM Jimmy Choo L’Eau, ’n vars blomgeur

INOAR Haar kroeserige hare is behandel met die G.Hair Keratin Smoothing Treatment om hare reguit en makliker hanteerbaar te maak.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n omvattende velanalise ontvang en daarna ’n gesigbehandeling propvol antioksidante.

KALAHARI Elkeen is bederf met ’n lyfafskilfering, voetbehandeling en twee lyfmasserings, asook ’n vitamien C-gesigbehandeling vir ’n helder, fermer vel.

Brittiney en Danielle word deur Kalahari bederf. FOTO Instagram / SARIE
Sy ontvang ’n spesiale haarbehandeling van Inoar. FOTO Suanne Mulder vir SARIE
Al die finaliste is spesiaal deur Isa Carstens Akademie verwelkom en het ’n velanalise en gesigbehandeling ontvang. FOTO Suanne Mulder
Sy ontvang ’n Jimmy Choo L’Eau, ’n vars blomgeur.

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo Parfums, INOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Die finaliste het tydens die fotosessie gebly by Tsogo Sun se luukse Cullinan Hotel.