Sy en haar gesin, haar man René Angelil en seun René-Charles, verskyn tans op die voorblad. Só berig die Dailymail.co.uk

"Sy was nog nooit in die hospitaal nie, en dit gaan goed met haar swangerskap. Sy is gesond en voel fantasties," het 'n woordvoerder gesê. Dion het swanger geword na haar 6de invitro-probeerslag.

"In die begin van my swangerskap het ek die tipiese simptome soos naarheid en warmgloede gehad, en dit was 'n teken dat alles in plek was. Nou wys dit al, ek't 'n magie," het Celine gesê.

Ten spyte van die tweeling wat op pad is, sal Celine in 2011 weer by die Colosseum by Caesars Palace in Las Vegas optree.