“Om onderklere te vertoon is nie vir die week van hart nie, maar ek voel baie gemaklik in my lyf en gee nie om om tussen die maer modelle te modelleer nie.” Die afgelope vier maande gebruik dié onderklere-maatskappy haar om onderklere vir die voller figuur vir aankopers van winkelgroepe te modelleer. Sy is baie beskeie oor die komplimente wat sy kry oor haar ferm, gesonde liggaamsbou. “My lyf lyk goed omdat ek nie heeldag op die rusbank lê en niks doen nie. Ek doen joga en belly dancing en ek gaan draf langs die see. Ek het ’n bedrywige lewe en vlieg een keer per maand vanaf Kaapstad Durban toe vir ’n fotosessie vir nuwe Milady’s-advertensies en katalogusse.” Sy wil nie uitwei oor hoeveel sy weeg en/of sy gewig sy die afgelope paar jaar verloor het nie. (Sy lyk op die oomblik ongelooflik!) Chanelle beklemtoon haar tevredenheid met haar lyf is ’n mindset en dat sy gesond leef en eet, maar nie perfektionisties is oor eetgewoontes nie. Ek het selfvertroue in my eie vel as groter vrou. Ek waardeer my heupe elke dag meer. Ek wil nie brandmaer wees nie. Ek is tevrede. Baie mans hou van vroue met kurwes net soos baie van maer vroue hou. Dis vir my belangrik om van myself te hou.” Chanelle is ook deesdae ’n direkteur van B-LEAF, ’n Artikel 21- (nie winsgewende) organisasie wat twee maande gelede gestig is om mense bewus te maak om hul koolstofvoetspoor uit te vee. “Ons wil mense leer om die natuur met respek te hanteer en terug te sit wat ons uitgehaal het.” Izak Davel is ook ’n direkteur en die organisasie beplan om nog bekendes te betrek. “Ons wil mense bewus maak van herwinning en om bome te plant. Ons begin vroeg aanstaande jaar deur 2 000 boompies aan Graad Eentjies in die Wes-Kaap te gee wat hulle kan plant om die begin van hul skoolloopbaan te herdenk.” Dit is nie nét die omgewing nie, maar ook mense wat vir B-LEAF belangrik is. Bome gaan op plase gekweek word en vroue (veral enkelma’s) sal vaardighede geleer word om hulle te bemagtig en om werk te skep.” B-LEAF is nog in sy babadoeke, maar die organisasie sal eersdaags landwyd afskop. “Dis ’n saak wat my baie, baie na aan die hart lê,” sê Chanelle.