“SARIE Voorbladgesig het my geleer dat ouderdom net ’n getal is,” vertel die trotse ma van vier seuns en somatoloog aan SARIE.com. “Ek het ’n persoonlike konneksie met elke vrou in die Top-10 gehad, al was die ouderdomsverskil hoe groot. Ek bedoel, ek kon Xandrie en Brittiney se ma gewees het!”

Sy het elke finalis persoonlik leer ken. “Elkeen het ’n storie. Voor die gala-aand het ons almal om die tafel gesit en gesels oor ons lewensreis se hoogte- en laagtepunte. Daar was baie trane, maar ons het ook baie gelag. Dit is ’n kosbare herinnering wat ek altyd sal onthou.”

FOTO Willem Lourens
Charlotte by die Voorbladgesig-gala-aand FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens
Charlotte by die Voorbladgesig-gala-aand FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens
Charlotte by die Voorbladgesig-gala-aand FOTO Willem Lourens

Charlotte is mal daaroor om met mense te kliek en haar kennis te deel, maar ook om nuwe dinge te ervaar. “Ek is baie passievol oor somatologie en spesifiek ook laserbehandelings en mediese produkte. My ander passies is my liefde vir mense en my liefde vir die Here. Om iemand anders te dien laat ’n mens so lekker voel. Jy voel blessed om ander te kan bless.”

View this post on Instagram

A post shared by Charlotte Timms (@timms.charlotte) on

Haar bederfbehandelings by die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle was amper vreemd omdat sy so gewoond is daaraan om self die skoonheidsterapeut te wees, nie die kliënt nie.

“Tydens ons Kalahari Lifestyle-massering by die Cape Grace-hotel was ek dadelik in work mode. Ek wou net uitvind wat al die bestanddele is en heeltyd praat oor die produkte, behandelings en verskillende velprobleme. Maar ek het vinnig besef dat ek moet ontspan en net die bederf geniet.”

Die Jimmy Choo-werkwinkel was vir haar baie insiggewend. “Ons het geleer oor die verskillende parfuumnote en waar die bestanddele vandaan kom. Ons het ook die Jimmy Choo-parfuumreeks leer ken. Nou is dit moeilik om my gunsteling te kies! Ek dink dit is tussen die Jimmy Choo EDP en Jimmy Choo Floral.”

FOTO Leana Clunies-Ross
FOTO Leana Clunies-Ross
FOTO Leana Clunies-Ross
FOTO Leana Clunies-Ross

Charlotte kyk met ’n groot glimlag terug op haar SARIE Voorbladgesig-reis. “Dit is onvergeetlik en die nuwe verhoudings is werklik kosbaar. Ek stap met nege nuwe vriendinne weg!

“Dit was so ’n groot voorreg om met SARIE-stylredakteur Fanie Cronjé te kon werk, hy is ’n fashionista met ’n goue hart. Ons het hom baie geniet! Elkeen in die SARIE-span het diep in my hart gekruip. Soos wat die SARIE-redakteur Michélle van Breda gesê het: Nou is ons deel van die SARIE-familie.”

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Die finaliste het tydens die fotosessie gebly by Tsogo Sun se luukse Cullinan Hotel en tydens die gala-aand by die Onyx-hotel.