Vroeër vandag het 'n radiostasie berig dat Chris Barnard en Katinka Heyns se seun in 'n gru-ongeluk buite Beaufort-Wes gesterf het.

SARIE het na die berig vir Chris Barnard gekontak en hy het bevestig dit is nie sý seun nie, maar wel sy broer se aangenome seun, Jacques Barnard. 'n Bus het 'n lorrie verbysteek en Barnard se motor getref. Sy vrou, kinders en 'n vrou wat vermoedelik die huishulp was, is ook in die ongeluk oorlede.

Lees meer