Corlea, waarskynlik een van die talentvolste sangeresse in die land – Nataniël sê ook so – is baie privaat, maar sy het eksklusief met SARIE.com gesels.

Al is sommige aanhangers die harnas in vir Corlea Botha se wapenrusting-kostuum en oor haar keuse van ’n Fokofpolisiekar-liedjie by vanjaar se Afrikaans is Groot in Pretoria, gaan dit goed met haar, dankie.

Afrikaans is Groot is vir my baie lekker. Vir my persoonlik is dit my beste AIG nog. Ek sing ‘Ek Skyn (Heilig)’ van Fokofpolisiekar. Ek het self gekies om dit te sing. FOTO Gerhard van Rooyen FOTO Gerhard van Rooyen “Ek het geweet dit gaan 'n reaksie uitlok. Ek het gevoel dit is tyd om die bokse waarin mense my sit en die bokse waarin ek myself gesit het, oop te maak. Jy kan nie vir 76 jaar dieselfde leef nie.”

“Daar is soveel fasette aan my. As kunstenaar en as mens. En onthou, ek is in die eerste plek 'n mens. En ek sal my nie laat voorskryf watter fasette ek mag uitleef en watter nie.”

- Corlea Botha

“Ek verstaan wat hulle, Fokofpolisiekar, as kunstenaars emosioneel kon deurgegaan het. Wat jy as kunstenaar moet gee en wat van jou verwag word. Dit is ook hoekom ek gekies het om daai uitrusting te dra. Dis hoekom ek 'n armour dra op my klere. Dit laat my soos 'n kryger voel.”

FOTO Gerhard van Rooyen FOTO Gerhard van Rooyen

“Miskien was dit 'n skok vir die die-hard fans wat net 'n hoë stem en 'n mooi rokkie verwag het – en dit is nog daar – dit is nog deel van my, Corlea. Maar daar is meer aan my as net dit.”

‘Ek Skyn (Heilig)’ was 'n treffer op Fokofpolisiekar se laaste CD, Swanesang, in 2006. Corlea sê dit was nog altyd een van haar gunsteling-liedjies, en “Ek sing nog een van my gunstelinge, ‘Die Onse Vader’, saam met ses ander kunstenaars.”

Die AIG-konserte is vir baie mense 'n jaarlikse hoogtepunt, maar die konsert, en ook Corlea, het vanjaar onder kwaai en wrede kritiek deurgeloop op sosiale media.

Corlea verduidelik dat sy nie daarvan hou om haar gevoelens te praat nie. Sy het wel op haar Facebook-blad gedeel hoe sy oor die anonieme en lelike kritiek voel. Sy skryf onder meer: “Opbouende kritiek en voorstelle is altyd welkom! Maar om mense en instansies persoonlik aan te val en kritiseer is onnodig ...”

Tog wil sy gewoonlik nie met ander mense daaroor praat nie. Sy verkies om dinge op haar eie uit te sorteer en te verwerk. “Dit was 'n moeilike jaar, maar dit gaan goed met my. Daar het 'n klomp goed gebeur, maar ek hou kop ... ”

En die lang verwagte solo-album?

Aanhangers wonder al vir jare wanneer dié nagtegaal ’n solo-album gaan uitreik. Hulle wag steeds, maar Corlea werk met 'n ander plan.

“Daar is soveel druk op my geplaas om ’n album uit te reik, en ek verstaan hoekom. Maar ek is kieskeurig en wil wag totdat ek genoeg goeie materiaal het om die regte musiek op te neem, musiek waarmee ek tevrede is. Ek kan nie net iets opneem omdat dit 'n kommersiële sukses sal wees en dan het dit swak lirieke nie. As daai lied 'n treffer is, beteken dit ek moet vir die volgende 20 jaar daai swak lied sing oor die lug is blou da-da-die ... Ek sal my polse afkou.”

Sy maak wel opnames saam met ander kunstenaars, soos die onlangse duet-album Jannie en Corlea - Alle Paaie lei na Rome, met Jannie Moolman. Dit het baie goed gedoen, definitief goud en nou al meer as dit.

Lees ook

FOTO’S: Corlea Botha hou vakansie in Thailand

Willem Botha: Sanger, TV-aanbieder, akteur, en nou ook fotograaf!

Corlea spog met ‘n nuwe haarstyl!