“Ek moes terugkeer na my drome en ideale wat ek as klein dogtertjie gehad het, en besluite neem wat my sou help om daarby uit te kom.” Haar solo-album, Wie ek is, is die verklaring van haar onafhanklikheid. “Ek en die vervaardiger Byron Kuntz het alles self gedoen om dié album uit te reik,” vertel Corlea.

Wie ek is

Sy is so trots en gelukkig om te sien hoe dinge waaroor hulle gedroom het voor hul oë realiteit word.

Haar gunsteling-liedjie op die album is die titelsnit. “Ek was een dag vreeslik emosioneel. Ek het by die huis gekom en net my gevoelens neergeskryf en dit het later Wie ek is geword.” Sy bieg dat sy nie gewoonlik so maklik liedjies skryf nie, en dat dit eintlik ongelooflik is dat haar gedagtes van daardie aand net so gebruik is toe hulle dié liedjie opgeneem het.

"Die album is anders as my vorige werk [as deel van die Lieflinge]. Daar is verskeie genres soos pop, rock, country en selfs ’n Turkse liedjie op die album. Ek geniet die verskeidenheid en ek dink mense gaan daarvan hou om my nie net in een styl te hoor sing nie,” gesels Corlea.

Die musiekvideo van Wie ek is word Saterdagaand 15 Oktober 2011 op DKNT, Kanaal 111 op DSTV, vrygestel.

Van Corlea se groot hoogtepunte vanjaar was om drie duette saam met topkunstenaars op te neem.  Die eerste is Word, saam met Steve Hofmeyr op sy nuwe album, Haloda. Die ander twee is Dis waar liefde is, saam met Brandon October, en Ek mis jou elke dag ’n bietjie meer saam met die Italiaanse sanger, Patrizio. Albei dié albums verskyn eersdaags.

Ander opwindende nuus is dat Corlea en Byron Kuntz, haar vervaardiger, nou aan die werk is aan ’n eenvrou-vertoning vir 2012.

Kyk hier die video van Corlea en Brandon October: Dis waar liefde is