"Reis laat my meer vervuld as wat ’n blink kar en nuwe klere my ooit kan laat voel!” kondig TV-aanbieder Elma Smit aan. Dis die stories en mense wat haar wêreldreise so interessant maak.
En natuurlik al die nuwe ervarings.

Elma, nou ’n aanbieder van die kykNET-ontbytprogram Dagbreek, se reise het in 2011 met haar en Richard Maspero se wittebrood na Thailand begin. Toe stuur SuperSport haar boonop na die Wêreldbekerrugbytoernooi in Nieu-Seeland as Lady Rugga, dié kanaal se eerste vroue-rugbyaanbieder.

En nou het die reisgogga haar finaal gebyt!

Elma in ThailandElma in Thailand

Elma op haar wittebrood in Thailand

LINKS: Dié oordadige gebruik van goud in die koninklike paleis in Bangkok het my aan Versailles herinner.   

REGS: Op Phi Phi Leh se Maya-strand. Die fliek The Beach is hier gemaak. Dié eiland het net twee strande, maar as jy in ’n bootjie om die eiland vaar, is daar verskeie plekke waar jy kan afspring en in die see kan swem.

Elma in Nieu-Seeland

Elma in Nieu-Seeland vir SuperSport
BO: Ek skiet ’n insetsel vir SuperSport tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Ek sal nie teruggaan Nieu-Seeland toe as dit nie vir werk is nie. Die vlug is net te lank; ek sukkel met vlugflouheid.

Elma in DoebaiElma in Frankryk

LINKS: In Maart 2012 saam met Richard, my man, voor die Burj Al Arab-hotel in Doebai. Dié stad het die interessantste supermarkte. Die produkte is van oor die hele wêreld, omdat die inwoners van so baie lande afkomstig is.

REGS: Ek kan dink die Franse het ’n revolusie gehad. Met al die weelde waarin die deftige adellikes gewoon het, móés die res van die bevolking opstandig geraak het. Ons staan voor die Sacre Coeur in Parys se Montmartre.  

Elma in Hongkong

BO: Ek by Harbour City se Kersuitstalling in Hongkong. Dié vakansie was besonder lekker.

  ELMA SE REISWENKE

  • Al beplan jy nie om baie te koop nie, maak steeds seker jy het genoeg plek in jou tas – daar is altyd uitverkopings.
  • Vertrou die mensdom. Gee plaaslike polisie en veiligheidspersoneel
    jou besonderhede en vra hulp as jy iets verloor het.
  • Ruil die hotel vir ’n huurwoonstel.
  • Volg die plaaslike inwoners se voorbeeld. Hul eetgewoontes en lewenspatrone kan aangename verrassings inhou.
  • Wees avontuurlustig en oop vir nuwe ervarings.

**Lees die res van Elma se reisverhale én die plekke wat sy sal onthou in die April-uitgawe van SARIE. Nou op die rakke!