SARIE-lesers en kykers van verlede jaar se kykNET-program SARIE Voorbladgesig 2017 sal haar onthou as ’n vrou met ’n tydlose skoonheid. Een met ’n passie vir die skoonheidsbedryf wat haar eie skoonheidsalon op Bredasdorp besit.

Danél Pratt, een van die Top-10-finaliste in 2017, vertel haar pad na daardie salon was haar eerste groot slypskool in die lewe. Nadat sy haar diploma in skoonheid en somatologie aan die Isa Carstens Akademie op Stellenbosch verwerf het, het sy op ’n luukse passasierskip gewerk.

Die plaasmeisie van Bredasdorp moes gou groot word. Dit het lang ure van harde werk vereis, maar terug op eie bodem het sy ’n salon begin bestuur en later haar eie besigheid begin. Vandag het sy al baie spore getrap in dié dinamiese beroepsveld.

Danel Pratt se inskryffoto vir SARIE Voorbladgesig 2017

Waar het jou passie vir skoonheid begin? Hoekom het jy skoonheid as studierigting gekies?

Toe ek ’n dogtertjie was, wou ek net toonnaels verf, al was die naellak-kleur meestal beperk tot bloedrooi! Ek het ’n passie ontwikkel om mense mooi te laat voel en lyk, maar ek het nie geweet dat ek ’n loopbaan daarvan kan maak nie. Ek het in standerd 8 van die Isa Carstens Akademie gehoor, en uiteindelik ’n plek gevind waar ek my passie vir skoonheid kon uitleef.

Watter raad het jy vir iemand wat somatologie wil studeer?

Dit is ’n fantastiese beroepsveld met baie moontlikhede, maar jy moet nie jou blind staar teen die glans van die bedryf nie. Jy moet werklik ’n belangstelling hê in mense, die menslike liggaam asook die wetenskap daaragter. 

FOTO: Leana Clunies-Ross

Wat is een van die grootste lesse wat jy geleer het?

Harde werk werp vrugte af! Ook dat goeie menseverhoudings noodsaaklik is as jy jou eie skoonheidsalon bedryf. Jou kliënte moet jou ten volle kan vertrou.

Wat is die lekkerste aspek van jou werk?

Mooimaak, veral om grimering te doen vir ’n troue of matriekafskeid. As kliënte jou salon verlaat met ’n glimlag, selfvertroue en nuwe moed om die wêreld aan te pak, wéét jy dat jou werk ’n daadwerklike verskil in ander se lewens maak.

Inskryffoto vir SARIE Voorbladgesig 2017

En wat die grootste uitdaging?

Jy moet jouself altyd mooi versorg omdat kliënte fyn ingestel is op jou gemoed. Met jou eie besigheid moet jy te alle tye professioneel wees – al het jy ’n slegte dag of is jy moeg.

Wat is die definisie van skoonheid?

Dis seker anders vir almal, maar vir my is dit om jouself mooi en goed te laat voel.

Isa Carstens Akademie is ’n trotse borg van SARIE Voorbladgesig. Klik hier om meer uit te vind oor somatologie as ’n studieveld en beroep.

OPEDAG: Kursus in somatologie / kortkursusse in skoonheid 

31 Augustus, 09:00 – 15:00

Plek: Stellenbosch- en Pretoria-kampus

Isa Carstens Akademie se somatologie-kursus dek gevorderde vel- en lyfsorg. Studente word in diepte opgelei in teoretiese asook praktiese aspekte van vel- en lyfsorg en holistiese benaderings tot behandeling. 

As jy belangstel in ’n opwindende plaaslike of internasionale loopbaan as somatoloog, kom maak gerus ’n draai by Isa Carstens Akademie se Stellenbosch- of Pretoria-kampus. Die akademie bied ook korter kursusse asook koshuisverblyf aan studente.

Die opedag begin om 09:00 met die eerste aanbieding wat dan plaasvind en ’n tweede om 12:00.  

Bespreek jou plek hier:

Pretoria: Michelle - 079 951 5968

Stellenbosch: Theresa – 082 807 4426 

www.isacarstens.co.za