En het hy ooit gedink 7de Laan sal so 'n sukses wees?

"Ek het in die konsep geglo, maar dit was ’n groot geloofsprong. Destyds was sepies glitzy en dit het ’n Amerikaanse gevoel gehad. Maar ek het geweet jy identifiseer nooit op dieselfde vlak met iemand van The Bold and the Beautiful soos met iemand op straat nie. Jy sal nie glo hoeveel mense het al vir my gesê Hilda en Oubaas is soos hulle nie. Dan dink ek behoede ons, want hulle is sulke eienaardige karakters!"

Wie is jou gunsteling-7de Laan-karakter? Vertel ons hieronder in die kommentaarboks.