Om langs die Braamfonteinspruit te gaan stap is nou ’n groot hoogtepunt vir die Johannesburgse aktrise Kara du Toit.

Groenigheid is immers waarna ons meer as ooit hunker. Om vry tussen die lang grasse te stap met die doudruppels tussen haar enkels laat haar besef hóé energiegewend die natuur is.

“Ek respekteer die skepping. Die natuur herinner ons aan die dinge wat saak maak: verwondering oor die ritme van die seisoene, dankbaarheid vir die kos uit die aarde en die skoonheid om ons.’’

FOTO Instagram / Kara du Toit

Kara ontspan gereeld met ’n koppie koffie in ’n sonkolletjie in hul piepklein tuintjie, knus gewikkel in haar japon. Soms maak sy haar oë toe en luister na die gezoem van die bye en gekwetter van die voëls.

“In dié heilige stilte waardeer ek die oomblik. Dít is wanneer ons oorweldigende omstandighede vir ’n oomblik wegsmelt.”

Sy geniet dit ook om ’n bietjie groentetuin te maak.

“Groot is die opwinding as ’n blaar of wortel verskyn. Granate, ’n soetpatat of blaarslaai-plantjie is nou ’n mens se rykdom.’’

FOTO Instragram / Kara du Toit