It feels so unreal is die titel van die liedjie wat sy vroeg in volgende jaar saam met Nianell gaan opneem.“My pa (musiekpromotor Louis van Wyk) en Nianell is al vir jare lank vriende en sy het ’n fantastiese stem, ek sien baie uit daarna om saam met haar te werk,” vertel Irene-Louise. “Ek het die woorde so paar maande gelede geskryf. My pa het toe voorgestel dat ons dit vir Nianell stuur om dit te toonset. Sy het toe so baie daarvan gehou dat sy dit self opgeneem het.” Die eerste keer toe Irene-Louise Nianell die woorde hoor sing, was sy baie emosioneel. “Ek het my oë uit gehuil toe ek daarna luister, en dit is steeds vir my moeilik om dit te oefen sonder om te huil. “Soms sal ek net huil om die pyn en hartseer uit my binnenste uit te kry, maar ander kere besluit ek om maar eerder die liedjie af te sit en op iets anders te fokus voor ek weer daarmee oefen vir die opname.” Dit is vir haar verskriklik spesiaal om die liedjie vir haar ma te kan sing, want van haar eerste ervarings as sanger was saam met haar ma op die verhoog as klein dogtertjie. “Die liedjie sê presies hoe ek voel, dit som alles perfek op en dit is nie woorde wat ek net uitgedink het nie, dit is my hart se woorde.”

Die woorde van die liedjie wat Irene-Louise vir haar ma Irene van Wyk geskryf het.

 
It feels so unreal

i can still remember the last day i saw your face
cause the image in my head is playng over and over again
i remember saying things i didnt mean to say
and it hurts knowing ill never see my best friend ever again..
 
Chorus
oh i wish i could explain the pain i feel
cause it feels so unreal
wiil these scars ever heal
when it feels so unreal
how do you say wat you feel
when it feels so unreal
it feels so unreal...
 
And I dont know how i dont know why you had to leave
before i had a chance to say that I love you, i love you mama
since you gone away my tears are endless, i miss you so
and im sorry that i took my time in showing you, letting you know
 
Chours 
 
it feels so unreal x2
 
chorus x2
 
it feels so unreal...