Dinsdagdromer is ’n maandelikse SARIE-kuiersessie met Donnalee Roberts en van ons land se inspirerendste vroue. Elke kuier het sy eie tema met een van SARIE se gunsteling-bekendes wat haar storie met Donnalee deel, asook ’n praktiese sessie gekoppel aan die tema wat deur ’n kenner aangebied word.

Die keer kuier Donnalee met die splinternuwe Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins. Die datum? 25 Augustus om 19:30. Die tema? Onsekerheid, terugslae en teleurstelling. Hoe staan jy weer op? Hoe kyk jy vorentoe? 

Marciel ken sukses, maar ook teleurstellings. Agter haar oorwinnings lê baie mense wat vir haar “nee” gesê het, en geleenthede wat nie na haar kant toe gekom het nie. Sy het egter deur hierdie ervarings geleer, en sy gaan deel hoe sy terugslae oorkom het, maar dit ook gebruik het om te groei. Marciel gaan ook praktiese stappe deel waarmee jy jou drome en lewenspaadjie met ’n nuwe perspektief kan benader. 

KOOP KAARTJIES HIER.

En die gassprekers is niemand anders as die susterspan van Revita Health se dokters Ledivia Strauss en Rolene Strauss! Ons het einde Julie die voorreg gehad om na Rolene oor selfvertroue te luister. Nou gaan die dinamiese skoonsusters oor gesonde leefstyl praat, wat vir jou werk, en die kuns om hierdie leefstyl te kweek.

Dokters Ledivia en Rolene Strauss FOTO'S Instagram / Ledivia Strauss en Suzanne Swart Films
 Rolene sal in gesprek met Ledivia wees en sal hulle praktiese, maklike en volhoubare gesondheidswenke deel wat jou inspireer en bemagtig om jou gelukkigste, gesondste liggaam te vind.

Spesiaal vir jou deel hulle ook ’n afslagkoepon met alle Dinsdagdromers vir hul nuutste aanlynkursus, Healthy Eating 101. Hierdie aanlynkursus bestaan uit 5 modules wat jou sal help met gesonde eetgewoontes, maar ook sal leer hoe om die plakkers op jou kos te verstaan en wat die waarheid is rondom die grootste gesondheidsmites. Dit bevat ook 36 resepte vir ontbyt, drankies, aandetes en peuselhappies.

Hierdie maand se aanlyn kuier word moontlik gemaak deur SPAR se virtuele uitdaging aan vroue: #BeSunshine! Sluit aan by #BeSunshine op sosialemedia-platforms en jy kan ook tydens ons kuier pryse van SPAR wen.

KOOP KAARTJIES HIER.