Donnalee Roberts, aktrise, draaiboekskrywer en vervaardiger, wens vir:

“My wens vir myself, vir Ivan en ons familie is dat ons ‘stroomop’ sal swem. Daarmee saam dat ander mense ook dapper genoeg sal wees om dit te doen en die druk van die wêreld se verwagtinge van hoe jy moet wees af te weer. En dat jy die mens sal wees wat jy gemaak is om te wees, maak nie saak hoe rof die waters raak nie. Wees braaf genoeg om op staan vir dit waarin jy glo.” Vir ons fliek Stroomop wens ek ’n jaar wat sal oorloop van vreugde. “2018 is ’n Stroomop-jaar. Dis die grootste en uitdagendste fliek waaraan ons nog gewerk het.”

FOTO Marijke Willems

Die geliefde aanbieder Tracey Lange se wens vir 2018:

"Leef sodat ander gemaklik in jou geselskap sal wees. Dat mense sal gaaf wees, als in liefde sal doen en sal onthou dat nie alles wat op sosiale netwerke verskyn noodwendig die volle waarheid is nie."

FOTO Marijke Willems

En die Binnelanders-ster Nadia Valvekens se wens vir die nuwejaar:

"Ek wens vir almal geluk en vrede - dat ons mekaar elke dag sal respekteer en sal probeer om beter mense wees."

FOTO Leana Clunies-Ross