Die aktrise Donnalee Roberts verjaar vandag in die Karoo dorpie Matjiesfontein waar "tyd stilgestaan het". 

"Om herinneringe te maak is een van die grootste verjaarsdaggeskenke vir my. Daarom is hierdie roadtrip ’n groot geskenk van Ivan (Botha). Ek verjaar die hele week al."

Sy onthou vir haar 21ste het sy, haar ma en haar tannie in Turkye gaan toer. "Dit was ongelooflik!" Nou op 34 waardeer sy elke klein oomblik in haar lewe.

"Hierdie jaar was veral ’n lewensveranderende jaar. En ek is dankbaar vir die Oranjerivier wat op die regte tyd oor my lewe gekom het."

Haar en Ivan se jongste fliek Stroomop speel af op die Oranjerivier en handel oor vyf vroue wat elk hul eie stoomop-oomblik moet aanpak. 

"Die vier weke van verfilming het ons gedwing om af te skakel. Ons het vir ses dae hard gewerk en op die sewende dag, ’n Sondag, het ons gerus. Ons het dan ons voete in die water gesit en rustig geword soos die son ons warm bak. Ons het verleer om elke oomblik te koester, ons laat toe dat tyd verby ons jaag. Ons mis die kleinste detail in ons lewe."

Nou, sedert Stroomop se verfilming, waardeer sy elke koppie koffie en elke sonsondergaan. "Ek is net dankbaar!"

Donnalee is al vir jare deel van die SARIE-familie en het al op verskeie SARIE voorblaaie verskyn - sy en haar verloofde, Ivan, het saam op die Augustus 2018-uitgawe verskyn. 

Hier's van haar mooiste SARIE-oomblikke:

In SARIE se Januarie 2012-uitgawe

FOTO Aubrey Jonsson
FOTO Aubrey Jonsson

In SARIE se Januarie 2013-uitgawe

FOTO Leana Clunies-Ross
FOTO Leana Clunies-Ross

In SARIE se Maart 2015-uitgawe

FOTO Aubrey Jonsson
FOTO Aubrey Jonsson

In SARIE se Februarie 2016-uitgawe

FOTO Marijke Willems
FOTO Marijke Willems

In SARIE se Augustus 2018-uitgawe

FOTO Marijke Willems
FOTO Marijke Willems