Sy was in 2001 ’n Wes-Kaapse finalis in die Mej. SA-wedstryd, en het deeltyds modelwerk gedoen. Vandag speel voorkoms steeds ’n rol in haar werk – maar op ’n heel ander manier.

Marisse is ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg by die Breast Health Centre of Excellence in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. As deel van die toegewyde span onder leiding van die formidabele prof. Carol-Ann Benn* wy sy haar lewe daaraan om hoop vir vroue in hul donkerste uur te bring.

Tydens haar opleiding in algemene chirurgie het sy dikwels ’n mastektomie saam met prof. Benn gedoen. “Dit was tragies om ’n vrou se borste letterlik te moet afsny. En daarna haar trauma te ervaar as sy met ’n plat borskas wakker word.” Om ’n positiewe rol te kan speel het sy haar ook as plastiese en rekonstruktiewe chirurg bekwaam.

Die bors se rekonstruksie word dikwels dieselfde tyd as die mastektomie gedoen. Volgens Marisse het dit ’n groot sielkundige voordeel. Jy word met ’n nuwe bors wakker en behou jou vroulikheid. Daarna volg minstens nog twee prosedures om die bors eksie-perfeksie te laat lyk.

Daar is mans ook in die sentrum se span van sestien spesialiste. Maar dis tog ’n ander energie wanneer jy as vrou met sulke pasie¨nte werk, se^ Marisse. “Die gemeenskap stel hoe¨ eise aan ’n vrou en ons is dikwels baie krities oor onsself. Wanneer jy goed lyk, voel jy ook sommer beter oor jouself. Mans verstaan dit nie altyd nie. ’n Pasie¨nt wat positief is, hanteer die kankerbehandeling beter en herstel vinniger van die chirurgie en rekonstruksie.’’

Marisse en narkotiseur dr. Sean Chetty doen ook gratis rekonstruksies vir minder bevoorregte vroue by die Netcare Rand- en Milpark-hospitaal. Die vroue betaal net die teater- en hospitaal-koste en kry dit teen ’n laer prys. “Elke vrou het die reg op borste waarmee sy gelukkig is. Daar is altyd ’n manier hoe ons kan help. Daar i´s lewe na´ borskanker.”

Twee vroue inspireer haar: Haar ma, Stephane´, en prof. Benn. ‘‘By hulle het ek geleer: Huil as jy alleen is. Dan staan jy op ... en gaan aan.’’

*Dr. Benn snoer ook kragte saam met die parfuumhuis Carolina Herrera om SA vroue van borskanker bewus te maak.