Dis nogal moeilik om Diaan Lawrenson deesdae met haar karakter Paula in 7de Laan te vereenselwig. Sedert sy en haar verloofde, Jody Abrahams, op 8 Junie die ouers van klein Olivia Rose geword het, is daar 'n nuwe sagtheid aan dié gewilde aktrise.

En Jody is die stil, trotse pa op die agtergrond. Hy ruil doeke om, maak tee en praat saggies met Olivia. Dis sy prinses dié.

"Sy het my 'n doelwit in die lewe gegee," spog hy. Dis vir Diaan moeilik om in woorde te beskryf hoe dit voel om dié klein mensie se ma te wees.

"Ek kan my nie meer 'n lewe sonder haar voorstel nie. Sy is my engelkind."

Sy en Jody het hulle voor die tyd bekommer oor hoe hulle 'n baba by hul lewens gaan laat inpas. Maar van die oomblik dat Olivia gebore is, het dit skielik nie meer saak gemaak nie. Hul prioriteite het handomkeer verander.

Jody, Diaan en klein Olivia Rose