Twee Egoli-sterre werk dié week weer saam. Hierdie keer aan die gewilde sepie Isidingo.

Die sanger, danser en akteur Izak Davel en Darren Kelfkens, wat Joe in Egoli gespeel het, werk tydelik saam op die stel van dié SABC3-sepie.

Darren, wat tot onlangs in 7de laan gespeel het, sit dié week sy regisseur-hoed op, terwyl Izak voortgaan met sy rol as Bradley, ’n Springbok-rugbyspeler.

izak davelNog ’n oud-Egoli-ster maak groot naam - lees hier

"Darren is tot dusver my gunsteling-regisseur. Hy raak nie kwaad as jy sukkel nie en hy probeer elke moontlike hoek om seker te maak die toneel is perfek," sê Izak aan SARIE.com. Volgens hom geniet hy dit regtig baie om saam met Darren te werk. En op Twitter lyk dit of Darren dieselfde voel:

Izak sê dis ’n voorreg om in Isidingo te speel. "Toe Egoli klaargemaak het, het ek vir my vrou gesê ek wens ek kan ’n rol in Isidingo losslaan, en ses jaar later het dit gebeur."

Hy vertolk nou die rol van Bradley - ’n Springbok-rugbyspeler met baie geld wat gewild is onder die meisies.

"Die ou is ’n bietjie van ’n buffel en ek hou daarvan, want ek is eintlik maar sag," sê hy oor sy karakter.

Izak het verlede jaar weer begin studeer - lees hier wat!

Izak op die stel van 'Getroud met Rugby'.

Izak, wat ook ’n talentvolle danser en sanger is, het vroeër vanjaar aangekondig dat hy nou gaan ophou dans. "Ek moes sewe jaar gelede al opgehou het, my knieë is nou opgedans," vertel hy.

Maar solank hy nog kan sing en toneel speel, is hy gelukkig. Terwyl hy vanjaar voortgaan met sy vertonings as sanger, begin hy ook saam met sy broer, Neethling, werk aan ’n nuwe album.

Nóg ’n Afrikaanse ster in Isidingo

Dis hoe Angelique deesdae lyk. FOTO: Clinton Lubbe Dis hoe Angelique deesdae lyk. FOTO: Clinton Lubbe

Die aktrise en TV-aanbieder Angelique Gerber verskyn ook binnekort in Isidingo. Sy gaan Jo-Ann, ’n joernalis, speel en vertel dat haar karakter die lewe vir Bradley (Izak Davel) en Charlie (Michaella Russel) moeilik gaan maak. Angelique, wat Boer soek ’n vrou aanbied, was ook te sien as Clara in 7de laan.

Kyk hoe lyk Angelique se nuwe haarstyl

"Dis lekker, want Jo-Ann is baie anders as Clara, wat mos maar ’n sagte karakter was." Angelique beskryf Jo-Ann eerder as ’n geitjie wat enigiets sal doen om haar storie te kry.

Só het Angelique as graadeen gelyk

"Dit was ’n lekker ervaring en ek sal nie omgee om terug te gaan nie," sê sy.