“Ek het in Augustus verlede jaar my hare bruin gekleur, bloot omdat ek verveeld was met my haarkleur. Ek het van nature donkerblonde hare. My man, Ernst Joubert, met wie ek verlede jaar getroud is en ’n voormalige Leeus-rugbyspeler, was mal daaroor. Hy reken ‘blondes have more fun, but brunettes are more fun’.

“Ek stem nie saam nie. Almal het wel gesê bruin hare beklemtoon die kleur van my oë baie mooi. Ek het vyf weke ná die kleurverandering besluit om weer ligstrepies in my hare te sit. Ek voel sexier met blonde hare en is in my hart ’n blondine.”

Minki en Ernst het oor die feestyd aangekondig dat sy swanger is met hul eersteling. 'n Pragtige blondekoppie, wonder ons...?

* KIES: BLOND OF BRUNET VIR JOUSELF!