''Sy is baie rustig,'' sê Diaan. ''En Jody is so 'n goeie pa.''

Dis die eerste kleinkind vir albei families en almal is verskriklik opgewonde. ''Vanmiddag kom my oupa en ouma kuier en dan gaan ons vier geslagte vroue bymekaar wees!'' vertel Diaan.

Vir nou wil sy en Jody net 'n bietjie privaatheid hê om dié grootse ervaring te koester. Binnekort publiseer SARIE 'n glans-fotosessie met Diaan en klein Olivia Rose. Kyk uit daarvoor!