Die sexy sterre van Getroud met rugby het vir ’n spesiale 2019-kalender geposeer ... die mans sonder hemde en die vroue smeulend in klein nommertjies op ’n sofa. Maar dis alles vir ’n goeie doel, belowe Rudo van Heerden, woordvoerder van die gewilde kykNET-sepie. “Dis vir liefdadigheid. Die opbrengs gaan vir die aankoop van skryfbehoeftes vir minder bevoorregte skoolkinders.

David Louw FOTO Willem Botha

Met daai six-packs en slanke lywe, is daar kossoorte waarmee die mans en vroue van GMR omgekoop kan word?

Volgens Marlee van der Merwe, wat die rol van Kristien Smit vertolk, is haar guilty pleasure ’n suurdeegbroodjie warm uit die oond met regte botter en heuning.

David Johnson FOTO David Louw

Christel van den Bergh, GMR se ambisieuse Renate Greeff, kan met rou koekdeeg en ’n Coke-float verlei word.

Werner Coetser, oftewel Blitz Vermeulen, spog hy het goeie selfbeheersing. "Maar ’n pizza vang my elke keer.”

David Louw (Simon Greeff) bieg dis ook sý achilleshiel.

Christel van den Bergh FOTO Willem Botha

Reitz Bekker (Sean van Noordwyk) sal nooit verby ’n sny wortelkoek kan stap nie. 

David Johnson (Liam Willemse) se ewe bekende aktrise-vrou, Bianca le Grange, maak onweerstaanbare botterhoender. Sy skelm plesiertjie? Sy eie sjokoladekoek.

Wat is hul wenke vir ’n somerlyf?

“Eet baie groente en bly weg van suiker en brood. Oefen is natuurlik baie belangrik,” sê Werner.

Om baie water te drink help ook, voeg Christelle by.

Werner Coetser FOTO Willem Botha

“Rome is nie in een dag gebou nie, ’n somerlyf ook nie. Maak seker jy eet reg wat vir jou lyf werk en spandeer genoeg tyd in die gim,” meen Sean.

En wat maak ’n vrou vir ons akteurs sexy?

“Selfversekerdheid, as jy in haar oë kyk en sy kyk terug met daai volle krag van vrouwees, dan het sy my,” bieg Werner.

David stem, en vir Sean is dit selfstandigheid. 

Marlee van der Merwe FOTO Willem Botha

Kyk Sondag om 19:30 Bravo! op kykNET, kanaal 144, om te sien hoe die fotosessie met Willem Botha afgeloop het.

* Die Getroud met rugby-kalender is binnekort by kykNET se aanlyn winkel (kyknet.dstv.com) en uitgesoekte Dis-Chem Skin Strategy-skoonheidsalonne in Gauteng en Bloemfontein beskikbaar.