Sy het nog altyd geweet haar lewe gaan nie die gewone, uitgetrapte paadjie volg nie. Ja, ander mense kys, trou, kry kinders, gewoonlik in daardie volgorde, maar aktrise Diaan Lawrenson was nog ’n klein dogtertjie toe sy reeds geweet het sy gaan ’n ander roete volg – dalk vreemder, soms moeiliker, altyd interessanter.

“Ek het nog altyd gedink ek gaan ’n anderste verhouding hê. Dat ek nie noodwendig gaan trou nie. Ek’t nie eens gedink ek gaan kinders hê nie.”

En vandag, waar sy kaalvoet en gemaklik by haar eetkamertafel gesels, is dit duidelik sy’s gelukkig met die bestemming waarheen daardie pad haar gelei het: hier in haar en akteur Jody Abrahams se woonstel in die kleurryke, stedelike Illovo. Onder ons strek die boomryke Johannesburg uit en op die balkon wapper hul dogtertjie, Olivia Rose, se kleertjies op ’n droograk...

Lees die volledige onderhoud in die Junie 2012-uitgawe van SARIE. Klik om die eerste foto te sien wat SARIE-fotograaf Phyllis Green van klein Olivia by geboorte geneem het, klik vir Olivia eerste SARIE-fotosessie in Oktober 2010

KYK DIE VIDEO