Met die bekendstelling van Elana Wine aan die einde van dié maand word ’n lewenslange droom van TV- en radio-persoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp bewaarheid. Sy vertel vir SARIE.com daarvan.

Wou jy nog altyd wyn maak?

Ja, nog altyd! Ek het gesê wanneer ek weer terug trek Kaap toe [van Johannesburg] word ek ’n wynmaker! En toe ek in 2011 terugtrek, het die proses begin.

Het jy enige kennis van wyn maak?

Geen! Ek het vir ’n jaar op die job geleer. Dis baie frustrerend, want jy moet goed oplet.

Bekendes met ander werke

Wat het jou laat besluit om dié uitdaging aan te pak?

Dit was ’n doelwit, en nadat ek vir Rudi [van Waltsleben], my assistant-wynmaker, ontmoet het, was die res geskiedenis.

Elana Wine is vanaf einde Mei te koop op Elana Afrika-Bredenkamp se webblad FOTO: Twitter (@elanawine) Elana Wine is vanaf einde Mei te koop op Elana Afrika-Bredenkamp se webblad
FOTO: Twitter (@elanawine)

Wat was vir jou die interessantste deel van die hele proses?

Hoe ongelooflik opgewonde die werkers is. Ek praat met die druiwe en hulle giggel en gesels saam.

Só bly Elana gesond en skraal

Dink jy die wyn vang ’n bietjie van Elana vas?

Dis ’n wyn, maar dis soos om ’n baba te maak. Jy sit die regte bestanddele bymekaar en hoop vir die beste. Dié keer is dit ’n mooi een.

Waarom ’n shiraz en wat is volgende?

Dit was nog altyd een van my gunsteling-wyntipes. Ek kan nie witwyn proe nie. Ek is nie goed daarmee nie. En ek het gedink ek wil eerder bly by dit wat ek ken. Volgende is dalk ’n vonkelwyn, maar ek het nog baie om te leer voordat ek dit aanpak.

Wat is jou gunsteling-bestanddeel in die Elana Wine?

Die druiwe! Ek het elke batch geproe. Lekker stywe, swart druiwe. Hulle was beautiful.

Watter wyn verkies jy om self te drink?

Pinotage, shiraz en baie boetiekwyne.

Waar kan Elana Wine gekoop word?

Vanaf die einde van Mei aanlyn by www.elanaafrika.com. Dis baie maklik - stuur ’n epos en ons lewer af.

Hoe maak jy tyd vir als wat jy doen?

Ek kry nie altyd tyd nie. Ek hardloop in sirkels om my stert te vang – maar dis pret!

Sal jy eendag wyn na jou kinders en na Ian [Bredenkamp – haar man] ook vernoem?

Elana Afrika en Ian Bredenkamp. FOTO: Donna Lewis; STILERING: Danny Toüa Elana Afrika en Ian Bredenkamp. FOTO: Donna Lewis; STILERING: Danny Toüa

Elana en Ian speel én werk saam - só doen hulle dit

Nee wat. Elke wyn kry sy eie naam omdat dit ’n unieke karakter het. Dis mos iets wat gemaak word van niks, tot ’n mooi, gesonde bottel. My volgende wyn dra sy eie naam, maar ons sal in November weer moet gesels …

Kurt Darren maak ook wyn - lees meer hier

_______________________________

Elana met ’n swanger magie...

Die radio- en TV-persoonlikheid het onlangs foto's van haarself met ’n groot, swanger maag op Twitter gedeel. Maar nee, Elana en haar man, Ian, verwag nie hul eersteling nie - dit was vir haar nuwe fliekrol!

elana afrika himh 1

Sy is later vanjaar te sien in ’n Afrikaanse rolprent vir tienersHollywood in my huis. Ander bekendes wat in dié fliek speel, is Nicola Hanekom, Louw Venter, Leandie du Randt, Viljé Maritz en Francois Jacobs.

Maar oor haar en Ian se planne om ’n gesin te begin verklap sy (vir nou) eers niks ...