Elize Cawood maak hart oop oor haar huwelik

akkreditasie
"Ek wil by Wilson (Dunster) wees tot die dag dat ek doodgaan." Só sê Elize Cawood in die Junie 2012-uitgawe van SARIE waar sy hart oopmaak oor haar hoop, drome en vrese

"In Desember is ons 30 jaar getroud en ek is liewer vir hom as ooit. Ons ken mekaar van hoek tot kant. Dit wil my laat tjank, so fabulous is dit," sê Elize. "Die slegte tye was sleg en die uitdagings kom na jou kant toe sonder dat jy dit sien kom, maar ek sal dit vir niks verruil nie. My huwelik was nog altyd my anker. Wanneer ek huis toe gegaan het, het ek geweet Wilson gaan daar wees. Dít het ek geweet so seker soos niks anders op aarde nie."

"Ek hoop om eendag saam met Wilson, ons kinders, Jenna en Luke, en hul wederhelftes op ’n vliegtuig te klim en iewers heen te reis. Dit sal ongelooflik wees as ons dit almal saam kan doen."

"As ek my lewe kon oorhê, sou ek alles dieselfde wou hê, die soet, die bitter en die suur. Tog sou ek graag meer wou gereis het. Suid-Amerika toe. Dit lyk so opwindend. En Thailand waar elke sentimeter van my lyf gemasseer kan word," antwoord sy oor wat sy nou weet.

"Roem was nog nooit vir my belangrik nie. As die mense wat vir my saak maak, sê 'welgedaan', is alles oukei," sê Elize.

Lees die volledige onderhoud in die Junie 2012-uitgawe van SARIE

Elize speel binnekort in twee nuwe flieks: Die Wonderwerker word op 7 September landwyd uitgereik en Lien se lankstaanskoene later in die jaar.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees