Ek hoop

en probeer alles na die beste van my vermoë doen, want dit lei altyd tot nuwe moontlikhede. Linda Jordaan sou byvoorbeeld net vir 6 weke in 7de Laan verskyn en nou is sy 'n kanniedood! Ek het nooit 'n twee- of vyfjaar-plan nie, maar gryp met albei hande die geleenthede wat na my kant toe kom.

ons drie kinders, Roeline, Pieter en Xander, koester my en my man, John, se waardes. Ons is lojaal, bereid om te leer en altyd gereed om 'n kans te waag. Ons werk hard en probeer ander met begrip en respek behandel.

dat ek nog lank sinvolle, stimulerende, kreatiewe werk sal doen wat waarde toevoeg tot die lewe. As dit op die verhoog of op die TV-skerm is, is dit 'n reuse-bonus.

ek kan my vlak van gesondheid, energie en entoesiasme behou, dan sal ek dolgelukkig wees.

die morele verval in ons land word met wortel en tak uitgeroei. Dis 'n skande dat Suid-Afrikaners se basiese mensereg van veiligheid daagliks geskaad word. My 22 jaar oue motor met al my Johannesburgse besittings in die kattebak is in Julie daar gesteel en ek is steeds woedend daaroor.

Ek is bang

Die sleutel tot 'n suksesvolle huwelik is respek
en om nie jou maat te probeer verander nie

die aftakeling van standaarde en verantwoordbaarheid in ons land gaan alle Suid-Afrikaners duur te staan kom. Dis 'n onbekostigbare verlies dat soveel goeie mensemateriaal hulle genoodsaak voel om die land te verlaat.

Klein vresies? Nee wat, om bang te wees is 'n mors van tyd en energie.

ouers misluk te dikwels in hul plig om kinders te leer om tussen reg en verkeerd te onderskei. As die swak skakel van gebrekkige ouerskap gebreek word, het ons 'n kans op 'n gebalanseerde, geordende samelewing waar mense in vryheid kan woon en werk.

Wat ek nou weet

Wat ek nou weet

  • Doen wat jou hand vind om te doen, met passie en integriteit. Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
  • Ma-wees is om jou hart buite jou lyf te sien rondloop. Op my grafsteen kan maar net staan: Ma.
  • My ma het altyd gemaan ek en my twee broers moet vir haar kom sê as ons iets verkeerds gedoen het, "al het julle 'n man doodgemaak". Eerlikheid was nie onderhandelbaar nie en die kommunikasiekanale was wawyd oop – ons het as kinders nooit ondergronds gegaan nie.
  • As jy misluk, kry jy 'n kans om weer te probeer en beter te vaar. Mik vir die maan en dalk beland jy tussen die sterre.
 

In 27 jaar was daar geen TV-gas by wie ek nie iets geleer het nie. In my Lourier-reeks op kykNET het entrepreneurs soos Christo Wiese en Whitey Basson my beïndruk met hul vermoë om 'n geleentheid in die mark te identifiseer en dit met flair en harde werk te vul. Nataniël laat my altyd lag én dink. Die gewone mens wat iets op 'n buitengewone manier doen, bly 'n inspirasie.

ek is versot op kinders. Hulle is suiwer en snaaks. As hulle boonop my kleinkinders is, gaan hulle my seker onherroeplik oorrompel.

Ek probeer aan kursusgangers by my kommunikasie-slypskole oordra: Konsentreer op jou USP (unique selling point) en vergewe jouself. Moenie dat jou tekortkominge al jou tyd in beslag neem nie. Gooi emosionele bagasie af en beweeg aan sodat jy jou potensiaal kan bereik.

Doen moeite om genoeg tyd en nie bloot gehaltetyd saam met jou kinders deur te bring nie. 'n Plakkaat het dit eendag uitgestippel: "Hoe spel kinders liefde? T-Y-D."

Ek dink dit help dat ek geduldig en regverdig is en nie maklik oordeel nie. My slegste eienskap? My man sê ek is altyd betyds vir werkgoed, maar dikwels laat vir dinge wat nie met werk te doen het nie!

Ek is onder meer TV-aanbieder/-vervaardiger/-regisseur en bied 'n kursus in TV-joernalistiek by die US aan, en soms 'n private geakkrediteerde nagraadse kursus in kommunikasie- en mediastudies. My aktrisehoed span egter die kroon. Dis bevrydend om as akteur jouself grotendeels agter te laat om 'n ander lewe te ontgin. Ons kry gereeld staande ovasies vir Die ryk weduwee – dis bevredigend as jou gehoor tree vir tree saam met jou stap op 'n reis na groei en begrip.

Daar is maar altyd dinge waaroor 'n mens spyt is. Toe ek klein was, het ek altyd die oop tuinhekkies in die straat toegemaak. Dit doen 'n mens goed om hekkies toe te maak agter dinge wat nie uitgewerk het nie.

Werk hard en lag baie. Volg jou passie en gee vrylik van jouself. Omring jou met familie en vriende wat jy koester en wat goed is vir jou.