Die reëls waarvolgens ek leef.

  1. Praat minder, doen meer.
  2. Gee groter tips en glimlagte vir petroljoggies en kelners. Ag dié mense hoog, jy weet nooit waar jy hulle weer gaan sien nie.
  3. Was die skottelgoed, maak koffie in die bed en vat die vuilgoed uit. ’n Lewe met impak begin by klein dinge, nie die groot goed nie.
  4. Bel jou ouers.
  5. Swem in die see wanneer jy die kans kry. Die lewe is te kort om dit mis te loop.
  6. Lag vir jouself. Face it, ons almal doen soms stupid dinge.
  7. Spaar jou geld en wees verantwoordelik met dit wat jy ontvang het, al voel jy soms dis min.
  8. Wees meer romanties, al laat dit jou simpel voel.
  9. Leer meer boeke, kyk minder TV.
  10. Hê minder stuff. Maak so nou en dan jou kas en beursie leeg.