TOE

“Dit was die grootste teleurstelling van my lewe. Ek het só geglo in my eie vermoëns en was só voorbereid daarop dat ek dit gaan regkry.”

NOU

“Ek gaan soek nie dinge nie, dit kom oor my pad. Ek doen wat ek kan en lewe voluit.”

Op 47 was Elzabé, kabaretster en aktrise, bereid om surrogaatma te wees vir haar niggie en dié se man. Dit was onsuksesvol en sy het in SARIE van Mei 2009 oor haar teleurstelling gepraat.

En toe, in Mei 2011, het sy weer van haarself gegee om iemand anders se lewe te verander. Dié keer het sy haar linkernier aan haar susterskind Retha Schoeman geskenk. Die oorplanting was suksesvol en Retha het nou glad nie meer dialise nodig nie.

Intussen het Elzabé heeltemal herstel. “Buiten ’n bietjie inwendige ongemak, voel ek honderd persent.”

Sy sê sy het nie haar nier geskenk omdat sy doelbewus besluit het sy wil iemand se lewe red nie. “Sy het hulp nodig gehad en?ek kon help.”

Elzabé speel tans in ’n eenvrou-vertoning gegrond op Marita van der Vyver se nuutste roman, Dis koue kos, skat. Dit word landwyd opgevoer.