Lank, donker en Afrikaans . . . Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met 'n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek.

In die Januarie-uitgawe van SARIE wys hy 'n paar van sy foto's. Sy broer, Luqmaan, wou die volgende weet:

Wie's die sexyste. Hy of jy?
Voor ek gekom het, was hy die sexyste, maar nou klop ek hom hands down! Hy het die talent.

Vir watter SA kunstenaar het jy die grootste respek?
David Kramer. Hy is getrou aan homself. Hy weet wat hy wil hê en is met niks minder tevrede nie.

Hoe hanteer jy kritiek?
Ek het lankal aanvaar almal gaan nie van my hou nie. Maar aan die narrow-minded mense wil ek net sê ek hoef nie verskoning te vra dat ek coloured is nie ... Ons almal kan wel 'n geloof in God deel.

Wat was jou grootste kompliment?
Ek het 'n e-pos van 'n meisie ontvang wat sê sy wou die volgende dag selfmoord pleeg, maar nadat sy my show gesien het, het sy weer hoop gekry om te leef.

Jou kleredrag word altyd geprys . . .
Mense betaal vir my shows. Ek maak 'n effort. Flip-flops sou wys ek respekteer nie myself of die gehoor nie.

Emo Adams en Tammy-Anne Fortuin
Goeie tjommies:
Ek en Tammy-Anne by 'n
Missing Children-geselligheid.
&aposn Voorbeeld van die Emo-klerereeks
'n Voorbeeld van my nuwe klerereeks
met die Emo-logo daarop
Hier het alles begin.
Ek is 'n man met 'n plan.
Familiefoto
Hierdie is een van my gunstelinge.
Ons het nie baie familie-pics nie,
maar hier hou ons lekker piekniek.
V.l.n.r. is ek, my ouma ("Oemie of
"Amma"), my broer, Luqmaan,
my pa, Omar, en my ma, Mardeah.
The good ol' days.
Emo se CD-omslag
My heel eerste shoot, waarvoor ek
self die grimering moes doen.
Ek moes dit direct, alles.
Dis my CD-omslag.
Emo se meisie, Michelle Gildenhuys
My meisie, Michelle Gildenhuys