Wanneer Emo Adams deesdae in Mitchells Plain gaan kuier, skakel die huisvroue van dié woonbuurt op die Kaapse Vlakte hul stowe af en kom nader. Die kinders begin regstaan vir ’n foto saam met hul held en rolmodel.

Selfs die gangsters wat wil-wil moeilikheid soek, sê vir mekaar: “Nee, bra. Los hom uit. Kan djy nie sien dis Emo nie!”
  
Emo sit vandag op sy ma, Mardeah, se kombuistoonbank. “Ek woon oral, ek’s mos ’n gypsy,” spot hy oor sy besige lewe.

HY VERKLAP 6 DINGE WAARVAN JY NIE GEWEET HET NIE...

1. Toe hy 19 was, het hy op ’n passasierskip, die MS Royal Star, gesing en vaartdirekteur geword.

2. Hy drink elke uur ’n koppie tee.

3. Hy is mal oor bad, sommer ’n paar keer per dag.

4. As hy nie ’n kunstenaar was nie, sou hy ’n kindersielkundige wou wees.

5. Hy en ’n vennoot, Ameer Williams, het hul eie opname-ateljee in ’n wendy house in Mitchells Plain.

6. Hy praat grappenderwys van sy tuisdorp as Mitchells Complain. Ons het hom ook oor sy gunstelinge uitgevra Afrikaanse sangers: Chris Chameleon, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jannie Moolman en Robbie Wessels.

SA komediant: Boeta Gamat (David Isaacs) en Boeta Joe (Oscar Petersen) van Joe Barber

Oorsese komediant: Wayne Brady (van Who’s line is it anyway?) Suid-Afrikaanse celeb: Nelson Mandela

Oorsese
celeb:
Barack Obama Fliek: The Pursuit of Happyness met Will Smith en Thandie Newton

TV-program: Molly en Wors, Getroud met rugby en 7de Laan

Boek:
Spud deur John van de Ruit en 13 Uur deur Deon Meyer

Kos: geelrys, hoender en frikkadelle . . . yum. Tegniese hulpmiddel: My selfoon (hello!) en my Apple-laptop Sêding (wat jy die meeste gebruik): Daai’sie move

Enige ander gunstelinge: My meisie