"Ken jy iemand wat 'n vlieg van die muur af kan haal?" Dié vraag is glo deur Shrien Dewani, die man van die vermoorde toeris Anni Dewani, die aand voor die moord by die Cape Grace-hotel aan Zola Tonga, hul taxibestuurder, gevra, berig Nuus24.

Shrien is deur Tonga uitgewys as 'n medepligtige aan die moord.

Nuus24 het uit die hof verneem Tonga het getuig Shrien het hom en sy twee medebeskuldigdes gevra om 'n kaping na te boots en sy vrou te vermoor. Hofgangers het by die aanhoor van dié getuienis na hul asems gesnak.

Lees die volle berig op Nuus24 en kyk na die foto-galery van die hofverrigtinge wat wêreldwyd opslae maak.

OP DIE FOTO: Anni Dewani se pa, Vinod Hindocha (Foto geneem deur Lihle Jacobs, News24)

Anni Dewani se pa, Vinod Hindocha