Die Afrikaanse aktrise Leandie du Randt, ons voorbladgesig vir Februarie, is besiger as ooit. Sy vermaak ons weeksaande as Ivanka Gouws in Binnelanders én wys haar staal in gewilde Afrikaanse films - ook in Mooirivier wat vanaf 6 Februarie landwyd in teaters te sien is.

En Leandie het ook onlangs verloof geraak aan Bouwtjies, haar troetelnaam vir Bouwer Bosch (lees meer oor die verlowing in die Februarie-uitgawe van SARIE). Intussen het sy huis gekoop in Randburg en is besig om dit in haar (en Bouwer) se styl op te knap.

En soos wat ons vir Leandie ken, gaan hul huis stylvol en kreatief wees. Sy deel dié proses met SARIE.com.

Hoekom het jy besluit om die huis op te knap?

Ons het ons eie styl en die plekkie was maar basies bruine en terracotta en ek háát terracotta! Daarom sit ons houtvloere in en verf die mure. Ons verf ook sommige mure, soos Bouwer se ateljee, met skryfbordverf sodat hy lekker kreatief kan wees.

Wie help jou?

My pa, Neels, Bouwer en vriendin Michelle Gouws hou my geselskap.

Leandie du Randt en haar pa Neels verf FOTO: Verskaf Leandie du Randt en haar pa Neels verf
FOTO: Verskaf

In watter styl wil jy jou huis versier?

Kunstig gemeng met modern-industrieël, met soveel moontlik spasie en lig! Decluttered is the way to go!

Hoeveel inset het Bouwer in jou keuse?

Ons besluit oor die meeste goed saam. Ek wil hê hy moet ook gelukkig wees, ons lewe begin saam en hy gaan ook binnekort daar bly!

Wat het jy al van jouself in die proses geleer?

Dat ek baie min geduld het. Ek wil vándag als doen en klaar hê. Maar dié is definitief een van daai prosesse waar jy dinge net dag vir dag en stap vir stap moet vat. Ek is geneig om die gun te jump en moet leer om eers sekere dinge in plek te hê voor ek detail-besluite maak. Ook ... hoe amazing dit is om hande te hê wat help. Vele hande maak ligte werk!

Leandie du Randt en Michelle Gouws FOTO: Verskaf Leandie du Randt en Michelle Gouws
FOTO: Verskaf

Lees meer oor Afrikaans se nuwe it-aktrise in die Februarie-uitgawe van SARIE - nóú op die rakke!

FEB

Ons soek jóú huis vir SARIE WOON

WOON 13 cover KleinVir ons jaarlikse uitgawe van SARIE WOON wil ons in 2015 al langs die Kaapse Suidkus kuier – van Stilbaai tot Plettenbergbaai.

Laat weet ons as jy ’n mooi/interessante huis het waar ons kan foto’s neem – dit hoef nie ’n seehuis of vakansiehuis te wees nie. Of sê vir ons as jy weet van iemand wat so ’n huis het. E-pos foto’s en/of kontakbesonderhede na lfourie@sarie.com voor 28 Februarie 2015. SARIE WOON kom kuier graag by julle.

Kry Leandie se styl

Leandie deel haar Pinterest-bord, die plek waar sy haar inspirasie vir haar huis kry, met SARIE.com-lesers. Loer bietjie op haar bord!

Leandie se Pinterest-bord  FOTO:  Pinterest Leandie se Pinterest-bord
FOTO: Pinterest