Is daar een besondere karakter wat jy deur die jare geskep het “waarbinne” jy besonder tuis voel?  

Evita is my superster. Ek meen, ek dieet vir haar. I lose weight for a woman who doesn’t exist! Sy is fabulous. Sy is ’n kugel en kugels is baie raar, maar sy is nou oud en sy is ’n fighter.

Bambi Kellermann, Evita se suster, is vir my baie interessant. Ek het pas haar outobiografie klaar geskryf – die titel is Never Too Naked. Sy het by Kennedy geslaap en ook saam met Marilyn Monroe. En hier het sy ’n bordeel in die Paarl!

Baie keer sê mense vir my ek doen hierdie ding al so lank, ek kan nou maar ophou. Ek wil nie stop nie – dit is my terapie, dit is byna die ding wat my minder mal maak as wat ek daarsonder sou gewees het. Maar ek weet wat ek nou moet doen: Ek moet my karakters speel om die verlede te weerkaats. Ons moet weet waar ons vandaan kom sodat ons kan feesvier oor waarheen ons gaan.

NUUSFLITS!

* Coenie en Evita toer vanjaar landwyd en is onder meer op ?14 Julie in Bloemfontein te sien by Volksblad&Kovsies hou Vryfees (voorheen die Volksblad-kunstefees).

Coenie speel van sy bekende en minder bekende liedjies en vertel presies hoekom hy dit geskryf het en wat dit vir hom beteken, terwyl Evita baie besliste kommentaar daarop lewer! Kaartjies kan bespreek word by Computicket.

Coenie de Villiers en Evita

PIETER-DIRK SE FOTO-ALBUM

Evita staan by die swembad wat
haar Darling Trust vir ?die gemeenskap
gebou het.
 Pieter-Dirk Uys se karakter Ouma is ?
107 jaar oud en vies dat sy haar lewe
gemors het om in apartheid te glo.
Evita Bezuidenhout
Pieter-Dirk Uys met die Teddy-toekenning
wat ?hy in Berlyn ontvang het vir ?die werk
wat hy ?en sy karakter ?Evita Bezuidenhout ?
by skole doen om MIV/vigs ?te bekamp.
Evita se suster Bambi Kellermann sing
kabaret en praat luid oor veilige seks. Dus wil
Tannie Evita niks met haar te doen hê nie.
Pieter-Dirk Uys met sy Teddy-toekenning Bambi Kellermann