Elvis Blue het homself onlangs bederf met ’n vakansie in Indonesië om van die wêreld se bekendste branders te gaan ry. Hy vertel vir SARIE.com meer van sy ervaring.

Het jy geweet van Elvis Blue se versteekte talent? Dié ster is ’n kranige branderplankryer en het onlangs 10 dae ruskans geneem om die branders in Nias, ’n klein eiland in Indonesië, aan te pak.

Nias lê wes van Indonesië se grootste eiland, Sumatra, en is wêreldbekend vir sy branders. Dié tropiese eiland is beeldskoon en branderplankryers sien dikwels seeskilpaaie in die groenblou water terwyl hulle wag vir die volgende groot brander.

Volgens Elvis was Nias nog altyd op sy bucket list. "Ek wil dit al vir jare lank afmerk," sê hy. Vir iemand met so ’n bedrywige lewe, het dié vakansie absoluut idillies geklink. Hy vertel: "Ek het verskriklik lekker branderplank gery en ’n wilde tan gekry. Ek het interessante kos geëet en sommer gemaak asof niks en niemand my kan pla nie. Dit was onvergeetlik!"

Hier is ’n paar foto's van Elvis in die water.

Elvis Blue Elvis surf 2 elvis surf 3 Elvis surf 5

FOTOS: Verskaf deur Elvis Blue